Derek Marcus Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.
Voorname  Derek Marcus
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Cornelius Rudolph Henning
Moeder  Alice Margaret Stephen
# ste kind van vader  3
Noemnaam  Derek Marcus
Geboortedatum  1934-11-13
Geboorteplek  Johannesburg
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2017-12-3
Sterfplek  Harare, Zimbabwe
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Joan Violet Regan  1959-3-7  Masvingo Zimbabwe  geskei 1982
2 Margaret Ingrid Fitzroy Bancroft  1982-12-17  Messina   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Moira Elaine Henning Vroulik  Joan Violet Regan  1960-2-25  
2 Russell Derek Henning Manlik  Joan Violet Regan  1961-4-24  1962-7-18
3 Derek Rudd Henning Manlik  Joan Violet Regan  1963-10-12  
4 Lesley May Henning Vroulik  Joan Violet Regan  1965-12-9  
5 Alicyn Vye Henning Vroulik  Joan Violet Regan  1972-6-24  
Geskiedenis
Gedurende 1935 verhuis Derek se familie na die Fort Victoria provinsie in Suid-Rhodesië, waar sy pa in die ongerepte bosveld ‘n veë- en saaiboerdery van die grond af kry. Hy bring sy kinderjare hier deur. Van vyfjarige ouderdom af is hy in die koshuis by die Fort Victoria Laerskool en later in die Chaplin Hoërskool te Gwelo in die Middelande, waar hy op akademiese – en sportgebied presteer.

Na sy skoolloopbaan, begin hy werk vir die regering in Salisbury in Mashonaland. Hy speel nog rugby en ding mee in duik. Hierna sluit hy by sy ouer broer, Rex op sy plaas in die Marondellas aan en nog later verhuis hy na die Laeveld van Rhodesië, waar hy die grootste deel van sy lewe deurbring.

Hy boer met veë, besproeiingslanderye en neem deel aan die ontwikkeling van die Laeveld in alle vertakkings.

Hy lewer groot en belangrike bydraes tot die Chiredzi en Nyika Stadsrade en verteenwoordig die Laeveld op die Kommersiële Boere-unie, Graan Produsente-Unie, Katoen Produsente-Unie en was voorsitter van die Triangle Lionsklub.

Hy was ‘n aktiewe Polisie-Reservis gedurende die onrus met die bevrydingsoorlog en oorleef verskeie aanvalle op sy plaas. Weens die volgehoue druk van Mugabe se trawante verloor hy uiteindelik sy plaas. Hy skuif hierna na die Mkwasine suikerplaas in die Laeveld, waar hy weer reg van voor af begin en homself op die been bring met katoen en koring.

In 1982 skuif hy en Margaret na die Devuli veëplaas wat in private besit was. Hy hou vol om deel te neem aan die ontwikkeling van die gemeenskap met die bestuur en bedryf van groot getalle veë.

Na twee jaar van rugbrekende droogtes, die ineenstorting van die veëbedryf en op aandrang van die eienaars van die Devuli maatskappy, verdeel Derek die plaas in kleiner eenhede en verkoop al die eenhede namens die maatskappy. Hyself koop een van die eenhede.

Hy was instrumenteel in die stigting van die “Save Valley Conservancy”, wat al hierdie klein plasies, saam met naburige plase in ‘n groot bewaringsgebied van meer as 400 000 hektaar verenig het. Alle grensdrade binne hierdie bewaringsgebied is verwyder en ‘n wildwerende heining is rondom die gebied opgerig. Alle veë is verwyder en verskeie tipes wild, vanaf die kleinste spesies tot groot families olifante is hier hervestig vanaf droogte geteisterde gebiede. Hierdie bewaringsgebied is vandag nog in bedryf.

Gedurende hierdie tyd ontwikkel Derek Tipe2 Diabetes. Hy en Margaret verskuif hierna na ‘n klein plasie in die Vumba berge in die Ooste van Manicaland Provinsie van die huidige Zimbabwe. Hier verbou hy met groot sukses die Australiese Waratah Protea om na Nederland uit te voer. Die Zimbabwe politiek verplig hom egter om hierna op te skop en by sy vrou, Margaret sy seun, wyle Shaun Rambert in Kimberley in die Noord-Kaap aan te sluit, in sy Wild-Verskuiwingsonderneming.

Nadat Shaun tragies gesterf het tydens die verskuiwing van ‘n renoster en drie jaar in Kimberley het Derek en Margaret na ‘n kleinhoewe van 21 hektaar in Louis Trichardt verhuis.

In die ouderdom van 76-jaar ontwikkel Derek Parkinson se siekte en sy gesondheid begin verswak ten spyte van die feit dat hy voortgegaan het om elke dag vyf tot ses kilometers te gaan stap en hy voortgegaan het om die landbouhoewe te ontwikkel. Gedurende hierdie tyd word hy ‘n wedergebore Christen, danksy die invloed van Angus Buchan.

Gedurend Augustus 2017 besluit die hele familie dat Derek en Margaret moet terugskuif na Zimbabwe waar hulle vestig in die pragtige Dandaro Aftree-oord in Harare. Ongelukkig was die skuif te vermoeiend en hy swig voor die komplikasies van Parkinson en Dementia, nadat hy ‘n dapper geveg opgesit het. Hy sterf vreedsaam op 3 Desember 2017.
Voorgeslagte
/¯¯ Cornelis Rudolf Henning
/¯¯ Willem Frederik Henning
\__ Heila Johanna Kruger
/¯¯ Cornelius Rudolph Henning
/¯¯ Johannes Lodewikus Kruger
\__ Martha Jacoba Kruger
\__ Martha Jacoba Venter
Derek Marcus Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Andrew Stephen
\__ {mvmName}
\__ Alice Margaret Stephen
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Derek Marcus Henning a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.
    Moira Elaine Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h1.
        Tarryn Ann Cunningham  
        Kevin Robert Douglas Cunningham  
        Janine Ashleigh Cunningham  
    Russell Derek Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h2.
    Derek Rudd Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h3.
        Roxanne Faye Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h3.i1.
        Kimberley Dianne Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h3.i2.
    Lesley May Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h4.
        Jonjo Russel Henning Coleman  
    Alicyn Vye Henning  a2.b6.c3.d11.e8.f1.g3.h5.
        Kate Nyika van Maanen  
Fotos

b6.c3.d11.e8.f1.g3. Derek Marcus Henning *13-11-1934
Beskou lys van mense op foto


b6.c3.d11.e8.f1.g3. Derek Marcus Henning *13-11-1934 en sy familie: Agterste ry v.l.n.r: Derek Rudd Henning; Mandy Henning (nee Stainer); Alicyn Vye Van Maanen (nee Henning); Robert Cunningham; Moira Elaine Cunningham (nee Henning); Cecile Van Maanen; Lesley May Henning; Paul Van Maanen
Voorste ry v.l.n.r: Kleinkinders Kate Van Maanen en Jonjo Coleman; oupa Derek Marcus Henning; ouma Margaret Henning

Beskou lys van mense op foto