Geskiedenis |
Jan Hendrik is in Chubut, Argentinië gebore. Hy was van die 2de geslag Afrikaners, wat in 1905 na Argentinië emigreer het, wat in Argentinië gebore is. Sy oorlede vader Douw Gerbrandt was van die eerste geslag wat in 1906 daar gebore is. Jan Hendrik se noemnaam was Riek. In Argentinie was sy naam in Spaans Juan Enrique vir Jan Hendrik. Hy was op sy tweede naam Enrique aangespreek en Enrique het mettertyd verander na Riekie (Rique) en later Riek. Sy moeder, Petronella is in Argentinië oorlede toe hy 3 jaar oud was.
Riek was 5 jaar oud toe hulle as gesin saam met ‘n groep van 234 Afrikaner gesinne in 1938 na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy was op hoërskool by die Hoër Tegniese Skool, Bloemfontein, waar hy houtwerk as vak geneem het. Hy het homself daarna as meubelmaker bekwaam.
Riek was 'n uitmuntende meubelmaker en hy was die mede-eienaar van Republiek Meubels in Bloemfontein, wat vir baie jare landswyd bekend was vir hulle Stinkhout – Swarthout- en Geelhoutmeubels.
Hy was baie lief vir houtwerk en nieteenstaande sy hoë ouderdom, het hy nog enkele weke voor sy dood, ‘n nuwe sitkamerstel vir hulself eiehandig in sy motorhuis gemaak.
Riek sterf op 4 April 2016 in die ouderdom van 82 jaar in die Universitas Hospitaal, Bloemfontein aan ‘n hartaanval
|
|