Geskiedenis |
Pieter Hendrik en sy eerste vrou - nog ongetroud - het Suid-Afrika gedurende 1905, saam met hulle ouers verlaat, om permanent in Argentinië te gaan woon. Sy ouers vestig hulle op ’n plaas, wat hulle Morgenzon noem in die omgewing van Comodoro Rivadavia in die provinsie Chubut. In Argentinië trou hy en Maria Booysen en al hulle kinders word daar gebore. Ten spyte van baie swaarkry en groot terugslae, bou hy ’n groot boerdery op. Met verloop van tyd - teen 1928/29 - besef hy egter dat dit vir hom en sy mense nodig sal wees om na hulle vaderland terug te keer, om hulle taal en godsdiens te handhaaf. Op sy inisiatief word daar met die Suid-Afrikaanse Regering en met die Gereformeerde- en NG Kerke in Suid-Afrika onderhandel om die Afrikaners in Argentinië te repatrieer. Hy is dan ook die leier van die groep van 234 gesinne wat gedurende 1938 na Suid-Afrika terugkeer. Hy skryf ’n boek oor al hulle wedervaringe in Argentinië, ’n Boer in Argentinië, uitgegee deur Nasionale Pers Bpk, 1940. Sy eggenote, wat hom deur al die jare so getrou bygestaan het, ontval hom gedurende 1960.
|
|