Andries Gerhardus Henning |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
Genealogiese no. |
|
a2.b6.c1.d3.e4. |
Voorname |
|
Andries Gerhardus |
Van |
|
Henning |
Geslag |
|
Manlik |
Vader |
|
Joseph Jooste Henning |
Moeder |
|
Johanna Hendrina Nienaber |
# ste kind van vader |
|
4 |
Noemnaam |
|
Andries Gerhardus |
Geboortedatum |
|
1859-10-31 |
Geboorteplek |
|
Heuningkrans, Albert |
Doopdatum |
|
1860-1-22 |
Doopplek |
|
Geref K, Burgersdorp |
Sterfdatum |
|
1932-8-4 |
Sterfplek |
|
Lemoenkloof, Fauresmith |
|
|
|
Geskiedenis |
Met die stigting van die eerste gemeente van die Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie gedurende Januarie 1860 te Roosterhoek, distrik Albert, was hy die heel eerste baba wat gedoop is. Hy en sy eggenote woon agtereenvolgens te Janspoort, tussen Burgersdorp en Venterstad/ Bethulie en die plaas Lemoenkloof in die Fauresmith distrik. Oom Andries het sy Kerk vir meer as dertig jaar lank op die Kerkraad gedien. Hy was ’n bekende op verskillende meerdere vergaderings en was ’n belese en ervare man met ’n helder begrip. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het Oom Andries met die tronk kennis gemaak, omdat hy ’n rebel was. Na drie maande is hy op borgtog van £9 000 uitgelaat, maar is later vrygespreek. Dit is in hierdie tyd dat hulle jongste dogter gedoop is met die naam Liberta. Oom Andries was ’n vurige vaderlander in murg en been; op elke gebied getrou ondersteun deur tant Hannie, sy vrou.
|
|