Nr 89

Februarie 2007

Indeks:

'n Nuwe Henning Stam in Duitsland ontdek

Laurentius Henning *1602 is gedurende 1660 tot die adelstand in Duitsland toegelaat.  Sy van verander na von Henning auf Schönhoff. Hy en sy nasate het hierdie wapen sedertdien gebruik">

Van tyd tot tyd is daar mense van oor die hele wêreld wat ons Henning webwerf op Internet ontdek en dan met ons korrespondeer. Ons het gedurende Desember 2006 twee briewe van 'n Jan von Henning uit Nederland ontvang. Hy kon vir ons lig werp op 'n Henning stam, wat ons vermoed het bestaan, omdat ons bewus was van hul wapen, maar waarvan ons geen verdere kennis gehad het nie.

Ons plaas graag twee van Jan se briewe, asook hierdie stam se wapen. Vergelyk gerus hierdie wapen met die wapen "Henning de Schönhoff, Prusse" soos dit in al drie uitgawes van die Familiekroniek en op die Henning laserskyf verskyn. Die Henning webwerf op Internet word eersdaags bygewerk met al die gegewens wat Jan verstrek het.

Hallo,

Mijn naam is Jan von Henning uit Nederland en ik heb jullie website bekeken. Ik zag daar ook het familiewapen op staan van Henning de Schonhoff. Dit familiewapen is ons wapen en oorspronkelijk heet de familie Von Henning auf Schonhoff. Ik ben zeer actief in het onderzoek naar onze stamboom en ben teruggegaan tot 1575. De familie Henning, onze voorvaderen kwamen uit Thuringen, Rudolstadt en later is een lid van de familie geadelt(1660) naar Von Henning auf Schonhoff. Ik ben benieuwd of jullie stambomen hebben van Henning families uit die regio. Mogelijk zijn er overeenkomsten te vinden. Ik hoor graag van jullie.

Groetend,

Jan von Henning

en die tweede brief

Bedankt voor je bericht, leuk om iets te horen vanuit Zuid Afrika waar ook naamgenoten zijn neergestreken. Ik ben wel van Nederlandse bodem maar onze familie komt van Duitsland. Ik heb geen connectie met Nederlandse naamgenoten. Ik heb als bijlage gevoegd een brief met brievehoofd van mijn eigen bedrijfje. Ons familiewapen dragen we als brievenhoofd. Mijn stamboom doe ik je morgen toekomen. Ik heb helaas nog geen mogelijkheid om foto's op de computer te zetten. Mijn zoons kunnen dat wel en ik zal hen vragen een foto te maken en deze aan je te mailen. Dan nog even een korte geschiedenis van onze familie. De oudste stamvader die ik heb kunnen vinden was een handelsman genaamd Caspar HENNING. Hij kwam van Frankenhausen (Duitsland) en streek neer in Rudolstadt (Duitsland).Hij werd Burgemeester van Rudolstadt. Hij kreeg twee zonen Bartholomeus Henning en Laurentius Henning. Bartholomeus werd eveneens Burgemeester van Rudolstadt evenals zijn zoon Andres HENNING. De tak van Bartholomeus ging verder onder de naam HENNING. Laurentius HENNING werd in 1660 geadelt in Wenen en kreeg het recht om de naam VON HENNING AUF SCHONHOFF te dragen alsmede het bijgevoegde familiewapen. Hij is onze stamvader en de familie heeft lange tijd geleeft in Rudolstadt, Wandersleben en Gotha (Duitse steden). Wij behoorden tot de Pruisische militaire adel. Een van de nazaten van Laurentius Henning is begin 1800 naar Nederland gegaan en is in Nederlandse dienst gegaan. Hij heeft zich in Nederland laten inschrijven onder de naam Von Henning. Daaruit is dus mijn achternaam ontstaan VON HENNING en dat is een zogenaamde "verborgen nederlandse tak van de familie geworden. Je leest het allemaal in mijn stamboom. Zover weer eerst, ben nieuwgierig of jullie ook Duitse familiestambomen in bereik hebben.

Met vriendelijke groeten,

Jan von Henning

Ons het al die dorpe/stede waarna Jan verwys, op kaarte van Duitsland probeer opspoor. Aanvanklik kon ons Frankenhausen nie vind nie, maar na 'n soektog op Internet, kon ons vasstel dat dit 'n dorpie in die distrik van Rudolstadt is.

Henning Matrikulante 2006

Heinrich Henning van Wierdapark, Centurion wat matriek met vyf onderskeidings geslaag het, met die twee trofeë wat hy as beste skolier in bepaalde vakke behaal het

Statistieke wys dat die getal Henning's, soos die totale blanke bevolking, besig is om te krimp. Waar die getal Henning matrikulante in die tagtiger jare in die omgewing van 60 per jaar was, boer hierdie getal nou maar in die omgewing van 30. Aan die einde van 2006 het slegs 31 Henning kinders landwyd matriek geslaag. Gauteng het maar weer, soos gewoonlik, die grootste getal matrikulante gelewer, nl. 21. Hierna volg die Vrystaat met vyf, Oos-Kaap met drie (ons bekende Henning drieling), Noord-Kaap met een en Wes-Kaap met een.

Dit blyk of daar geen Henning matrikulante in die ander provinsies was nie.

Ons is egter verheug om te kan berig oor daardie kinders wat mooi presteer het.

b7.c8.d8.e1.f2.g2.h1.Heinrich George Henning, seun van Stanley - en Mary-Ann Henning van Wierdapark, Centurion het matriek met vyf onderskeidings geslaag:

Engels HG, Wiskunde HG, Addisionele Wiskunde HG, Natuur-en-Skeikunde HG en Rekeningkunde HG. Hy het onderskeidings in al sewe sy vakke verwag, maar in twee het iets skynbaar verkeerd geloop.

Christiaan Rudolph (Rudolph) Henning van Heuweelsig, Bloemfontein wat matriek met vyf onderskeidings geslaag het

As 'n skolier van Hoërskool Eldo-raigne het Heinrich gedurende 2006 twee trofeë verower vir beste in Wiskunde en Elektronika in sy graad (ongeveer 360 leerlinge in Graad 12). In 2005 het hy dieselfde 2 trofeë verower, plus die Natuur-en-Skeikunde beker.

Tydens die eerste landwye Henning fees wat gedurende Oktober 1988 te Aliwal-Noord gehou is, was Heinrich die enigste baba wat tydens die fees gedoop is deur Ds Willie Henning … en nou het hy al matriek geslaag! Heinrich is ingeskryf by die Universiteit van Pretoria om in die aktuariële wetenskappe te studeer.

Dan het b1.c3.d10.e8.f1.g1.h1.i4. Christiaan Rudolph Henning van die Bloemfontein, seun van Johannes Gerhardus (Johan) Henning en sy vrou Marietjie, ook matriek met vyf onderskeidings geslaag - Afrikaans HG, Wiskunde HG, Natuur -& Skeikunde HG, Biologie HG en Rekeningkunde HG. Rudolph beplan om B Sc (Wiskunde en Fisika) aan die Vrystaatse Universiteit te studeer.

In die Noord-Oos Kaap, by die Hoërskool Burgersdorp het ons uitgesien na die uitslae van die enigste Henning drieling - kinders van Willie - en Gerda Henning van die plaas Leeufontein, Burgersdorp (b6.c3.d2.e6.f1.g2.h1.)

Die drieling kinders van Willie en Gerda Henning van Burgersdorp wat goed presteer het in die 2006 matriekeksamen: Anelme, Herman en Elseri

Anelme het `n gemiddelde A simbool behaal en het die beste uitslae in hierdie streek gehad.[Noord-Oostelike deel van die Oos Kaap] Sy het A simbole vir Afrikaans HG 1ste taal, Rekeningkunde HG, Biologie HG en Aardrykskunde HG behaal. Sy en haar ouers was veronderstel om `n Provinsiale prysuitdeling-seremonie in Oos-Londen by te woon, maar kon dit weens ander verpligtinge nie bywoon nie.

Elseri slaag met `n B gemiddeld en kry ook `n A vir Afrikaans HG 1ste Taal. Herman slaag met `n C gemiddeld

Al drie is ingeskryf by die Potchefstroomse kampus van die NW Universiteit vir die graad B Com (Rek).

'n Nuwe Henning Tandarts

Dr Nico Henning en sy vrou, Elize, saam met hul dogter, Giselle tydens haaar gradeplegtigheid by die Universiteit van Pretoria, waar sy met onderskeiding as tandarts gekwalifiseer het

Op 24 November 2006 het ons 'n nuwe Henning tandarts bygekry, toe b9.c3.d3.e3.f4.g2.h2.i3. Giselle Henning haar B.Ch.D graad Cum Laude aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Om haar graad met onderskeiding te kon verwerf, moes sy oor die laaste drie jaar 'n gemiddeld van 75% in al haar vakke gekry het. Sy het ook tweede beste in 'n klas van 70 studente gevaar en het twee medaljes ontvang omdat sy die beste student in Odontologie en Prostho-dontologie was. Giselle sal in 2007 haar Gemeenskapsdiens jaar te Bethlehem, in die Vrystaat, doen en beplan om daarna in die VK verder te studeer.

Giselle is die jongste dogter van Dr Nico Henning en sy vrou Elize. Nico is die bekende vee-arts te Lyttelton-Manor, Centurion.

Celesté presteer ook baie goed!

Celesté Henning, dogter van Johan en Marietjie Hanning van Heuwelsig, Bloemfontein wat haar B Rek graad met onderskeiding verwerf het

In die Februarie 2004 Haantjie het ons gerapporteer oor die nege onderskeidings wat Celesté Henning van Bloemfontein in matriek behaal het. Sy is natuurlik die suster van Rudolph Henning oor wie se matriekuitslae ons op bladsy 3 berig. Celesté het die afgelope drie jaar vir 'n B Rek graad aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en het haar graad met lof verwerf, nadat sy in al drie haar studiejare, al haar vakke met lof geslaag het. Hoewel dit nog nie amptelik bekend is nie, blyk dit dat sy die eerste posisie in haar klas behaal het. Celesté beplan om nou die STR kwalifikasie te pak, met die oog op die finale Raadseksamens om as Geoktrooieerde Rekenmeester te kwalifiseer. Mooi so, Celesté!

Cecile Henning weer in die Kollig!

Cecile Henning van Durbanville, 'n top internasionale fotografiese model

Ons was baie trots daarop om die voorblad van die Oktober 2002 SARIE, waarop b7.c7.d10.e4.f2.g3. Cecile Henning van Durbanville gepryk het, op die voorblad van die Februarie 2003 Haantjie te gebruik. Sy is een van die top fotografiese modelle in Suid-Afrika en is besig om internasionaal naam te maak. Sy is die dogter van Dr Philip (PA) Henning, 'n pediater van Durbanville en sy vrou Annatjie.

Cecile het weer in 'n pragartikel in die Januarie 2007 uitgawe van FINESSE gepryk. In hierdie artikel vertel Cecile van haar loopbaan as fotografiese model; die ondersteuning van haar ma, Annatjie; van haar huwelik met Rudi Louw en haar geloof as uitgesproke Christen..

Briewe van Buitelandse Hennings

Twee interessante briewe uit die buiteland:

Vanaf die VSA:

My mothers family are Hennings. We have traced them back to the 1700's having moved here from Germany. There is a small town of what is now West Virginia, named Henning. I believe that was settled by my ancestors upon their move here. Most of my Henning family lives in Virginia, West Va., and North Carolina USA. We have a family reunion every several years in Statesville, North Carolina.

Bradley Taylor

Vanaf Duitsland

Dear Ladies and Gentlemen,

I just found this website today and I am very curious if I might be as well related to one of the Henning clans of the world. I am living in the south of Germany. My father Claes Göran Henning was from Sweden but his Grandfather "Stig Henning" Grandfather came origionally from the netherlands. Well anyways it is nice to know that there are more Hennings around the world!

Hubertus Henning

Grondeise in Suid-Afrika

Dit is bekend dat wetgewing gepromulgeer is ingevolge waarvan sogenaamde agtergeblewenes plaasgrond, wat by hulle "afgeneem" is, kan opeis. Die wetgewing het egter die beginsel van "gewillige koper, gewillige verkoper" neergelê. Dit blyk al hoe meer dat die regering self begin skop teen hierdie beginsel. 'n Zimbabwe situasie êrens in die toekoms is dus nie te vergesog nie.

In die Rapport van 3 Desember 2006 lees ons van 'n interessante eis ingevolge hierdie wetgewing wat deur b1.c6.d14.e2.f3. Arthur Smith Henning by die Grondeise- hof ingedien is. Hierdie Henning familie woon reeds sedert 1912 in die Soutpansberge. Ons haal die artikel aan:

'n Boer van Limpopo het hom tot die grondeisehof gewend vir die reg om 'n eis in te dien op die grond wat hy weens apartheidswetgewing moes verkoop.

Mnr Arthur Smith Henning beweer hy is deur diskriminerende apartheidswetgewing gedwing om sy plaas in 1979 vir R1,2 miljoen te verkoop vir die vestiging van die Venda-tuisland. Dié landbougrond van 1 600 ha naby Makhado bekend as Moddervlei 44, behoort nou aan die Staat. Die grondeise-kommissie van Limpopo het in 2003 'n eis van 300 gemeenskapslede op dié grond toegestaan.

Henning se eis is deur mnr Mashile Mokono, Limpopo se grondsake kommissaris, van die hand gewys. Hy het nou die saak na die grondeisehof geneem om Mokono se besluit te betwis. Hy dagvaar die kommissie ook vir naamskending nadat 'n amptenaar na bewering na hom verwys het as "Satan".

Mokono het bevestig dat Henning se regsgeding die gemeenskap se eis vertraag. Henning se seun, Carl, sê Mokono het geen reg gehad om sy pa se eis te verwerp nie.

"Die kommissaris wil nie aanvaar dat wittes ook deur apartheidwetgewing geraak kon word nie.", sê hy. "Ons is gedwing om te verkoop en het ook ons regte verloor".

Vrystaat Hennings Vergader

Die Vrystaat tak van die Familiebond is die enigste tak wat gereeld gesellig bymekaar kom. Gedurende 2006 het hulle twee keer vergader: Op 14 April 2006 by die skougronde te Petrusburg en op 2 Desember 2006 aan huis van Jan en Mara Henning te Waterbron, Bloemfontein.

Ons nooi graag alle Hennings in die Vrystaat om by die werksaamhede van hierdie tak betrokke te raak. Die voorsitter van die tak, Jan Henning, kan by die volgende telefoonnommer gekontak word: 082 577 7328.

Len Henning besoek die Bakermat van alle Hennings

b7.c1.d10.e3.f5.g1. Leonard Henry (Len) Henning (voormalige Voorsitter van die Familiebond) van Wildernis in die Suid-Kaap en sy dogter Sonja, het gedurende Oktober 2006 'n baie aangename en interessante toer deur Duitsland en Denemarke onderneem. Die hoogtepunt van hul toer was besoeke aan Lippstadt, die geboorteplek van Henning stamvader, Peter Henrich Henning, sowel as Stralsund, Greiffswald, Demmin en Karnin in die Noord-Ooste van Duitsland. Dit is bekend dat Henning families baie noue historiese bande met al vier hierdie plekke het.

Stralsund staan bekend as die plek waar die naam Henning teen die jaar 1290 ontstaan het. Ons het in die Haantjie van Februarie 2006 'n foto van Henning-Mörderstr in Stralsund geplaas en gewonder hoe hierdie naam ontstaan het. Len het tydens sy besoek ontdek dat bykans al die besighede in hierdie straat aan Hennings behoort of behoort het - hoofsaaklik klerefabrieke en skoenmakerye. Hy en Sonja, kon ook die dorpsargief besoek en deur ou doopregisters van Hennings werk. Hoewel bykans 100 doopregisters tussen die jare 1620 en 1880 opgespoor is, was daar nie een wat spesifiek die aandag getrek het nie. Wat wel opval, is die feit dat die beroepe van die vaders vermeld word by elke dooprekord. In die geval van die meeste Henning vaders word die beroep aangedui as Nagelschnied, Schuster, Schneidermeister, Schumachermeister, Schopenbranier.

Lees gerus Len se brief:

Ek is terug! Heeltemal bankrot en dood moeg. Dit was 'n interessante reis met mikpunt om Lippstadt vir my dogter, Sonja te wys. Daarna wou ek ook die Henning kasteel te Karnin en Stralsund, Greiffswald en Demmin besoek.

Sonja Henning staan hier by 'n drinkwaterkraan op die hoek van Woldemei - en Luchtenstr, Lippstadt, die geboortedorp van stamvader Peter Henrich Henning. Dit is slegs 'n blok weg van die plek waar die Henning familie gewoon het.  Al die Suid-Afrikaanse Hennings wat al 'n besoek aan Lippstadt gebring het, het 'n foto by hierdie fonteintjie met sy brons plaasdiere geneem

Lippstadt was, soos altyd, 'n genotvolle ervaring en ons twee dae lange besoek het so 'n indruk op Sonja gemaak dat sy beplan om een of ander tyd saam met haar familie terug te kom. Vanaf Lippstadt het ons per trein na Stralsund gereis en vier dae daar deurgebring, met die idee om van daar af Karnin te vind. Ons wou op die goedkoopste manier reis, maar daar was geen trein of bus wat na Karnin geloop het nie. Die spoorwegmense het aangedui dat "Velgast" stasie die naaste aan Karnin is. Met hierdie advies spring ons op die trein en klim by Velgast af. Ons het ongeveer 'n kilometer gestap, toe ons 'n dame kry wat besig was om haar motor te parkeer. Op ons vraag of ons op die regte pad na Karnin is en hoe ver dit is, antwoord sy dat dit so twee of drie kilometers ver is. 'n Groot fout!! So agt kilometers verder val ek by die T-aansluiting by Karnin se kruispad neer. DIT IS BESLIS NIE VIR 'N 72-JARIGE BEDOEL NIE! en in Europa kry jy beslis ook nie 'n geleentheid langs die pad nie!

Na 'n staptog van meer as 30 kilometers kom Len Henning en sy dogter, Sonja doodmoeg aan by Karmin, met die doel om die Henning kasteel te vind. Die hele dorp het tot en met WO2 aan 'n Henning familie behoort

Ek sien 'n man wat in sy tuin werk en vra die pad na die kasteel. Hy verduidelik min of meer hoe ons moet loop. Wat doen ons toe? Ons draai so 500 meter te vroeg regs en na 'n uur of so se loop kom ons weer by die hoofpad uit. 500 meter later vind ons die ingang, wat nie te duidelik is nie en ook glad nie lyk soos die foto's wat ek gesien het. Maar toe sien ek die gebou! Die hare op my arms het sommer orent gestaan. Na 'n uur of so se rondwandel en die gebou probeer binnegaan, het ek en Sonja na die naaste buurman gegaan. Hy het 'n dame geskakel wat so vriendelik was om na die kasteel uit te ry om vir ons inligting te gee. Volgens haar was daar twee manne wat in 'n deel van die gebou gewoon het, met die doel om dit op te pas. Die buurman het ons egter gewaarsku dat dit maar twee obskure karakters is.

Die naam Henning kom algemeen voor in Stralsund, in die Noorde van Duitsland en aan die Baltiese kuslyn, soos gesien kan word op hierdie gebou

Ons het aan verskeie deure geklop - sonder sukses. Op 'n stadium het ek 'n gordyn sien beweeg. 'n Rukkie later, terwyl ons agter die gebou gaan loer het, sien ek die man om die hoek loer. Ek het vinnig anderkant om gehardloop en die knaap laat skrik toe ek skielik agter hom verskyn. Op my vraag of ons kon binnegaan om foto's te neem, het hy aangedui dat daar geen sleutels was nie. Later het ons vasgestel dat dit 'n leuen was, maar toe ons die volgende dag terugkeer, was hy nêrens te vinde nie.

Hierna het ons teruggekeer na Stralsund. Dit blyk of Hennings hier diep spore getrap het. In die dorpsargief kon ons die doopregisters van 'n klomp Hennings opspoor. Dit lyk nie of daar enige "belangrike" mense onder hulle was nie. Dit lyk of meeste van die mense klere- of skoenmakers was. In "Henning-Mörderstr" vind mens dat meeste van die besighede klere- of skoenmakers is. Stralsund is 'n baie mooi stad en ons sou graag langer wou bly, maar Sonja moes op hierdie stadium terugkeer na Engeland.

Ekself het hierna alleen na Greiffswald vertrek. Ek het by die Domkerk gaan navraag doen oor die doopregisters van Hennings. Hulle was egter nie baie behulpsaam nie. Greiffswald is ook 'n baie mooi dorp. Twee dae later het ek 'n bus gehaal na Demmin. Hier het ek, soos in Greiffswald, 'n bloutjie geloop toe ek navraag gedoen het oor argiewe. Demmin blyk 'n baie armer plek as die voorafgaande twee te wees.

Henning-Moordenaarstr in Stralsund, Duitsland. Die meeste van die besighede in hierdie straat is/was klerefabrieke of skoenmakerye en behoort, of het behoort, aan Henning families.

Die Stralsund stadsplein met die reusagtige Domkerk in die agtergrond. In hierdie kerk se argief het Len Henning die doopregisters van talle Hennings opgespoor.

Die vervalle Henning kasteel te Kamin, Duitsland. Sonja Henning staan by die voordeur. Hoewel Suid-Afrikaanse Hennings nie werklik enige verbintenis met hierdie kasteel het nie, het dit tog interessantheidswaarde vir ons.

Geldsake

Baie dankie aan al die lede wat so gereeld maandeliks per debietorder hul bydraes lewer, asook diegene wat reeds hul bydraes vir 2007 aangestuur het. Dit verseker dat ons in 'n goeie posisie is om te bepaal wat se doelwitte ons in die komende jaar sal kan aanpak en watter ons moet laat oorstaan.

Ons vermeld graag die name van diegene wat bydraes van R200.00 of meer aangestuur het: Gideon (GS) Henning, voorsitter en lewenslange lid van die Familiebond en sy vrou Wena - R500.00

Tjaart (TJ) Henning en sy vrou Louisa van Montana, Pretoria - R500.00

Jan (JA) Henning en sy vrou Cornelia van Leraatsfontein - R400.00

Leon (LD) Henning en sy vrou Hetta van Drieriviere, Vereeniging - R200.00

Nico (NJ) Henning, voormalige lid van die bestuur van die Familiebond, van die Wilgers, Pretoria - R200.00

Gert (GFD) Henning en sy vrou Salomina van Petrusburg - R200.00

Willie (WF) Henning en sy vrou Gerda, Lewenslange lede van Burgersdorp - R200.00

Mev Wiena Wilkinson (gebore Henning) en haar man Aubrey van Paarl - R200.00

Gerrit (GJD) Henning van Nelspruit - R200.00

Hier aan die begin van die jaar is daar natuurlik nog heelwat lede wat nog nie hul bydraes aangestuur het nie. Ons doen maar weer 'n beroep op u om dit so gou as moontlik te doen, want die spreekwood sê mos "van uitstel, kom afstel". Oorweeg gerus die opsie om maandeliks per debietorder 'n klein bedraggie (van selfs so min as R20.00) by te dra, in plaas van een groot bedrag, een keer per jaar. Later voel u nie eens meer hierdie klein bedraggie wat outomaties van u rekening afgaan nie. Die Familiebond se bankbesonderhede is as volg: ABSA Bank, Villiersdorp (334-612), Rekeningnaam: Henning Familiebond, Rekeningno: 2890 610 423 (Tjekrekening)