Mei 2005

Indeks:

Beursskema vir Henning Jongmense

Dit is 'n bekende feit dat wit jong mense, en veral wit Afrikaner jong mense in die sogenaamde "Nuwe Suid-Afrika" bykans geen kans meer het om enige beurse vir verdere studie te kry nie. Die regering het dit onlangs vir die eerste keer amptelik erken. Selfs tradisionele Afrikaner instellings, soos SANLAM, verskeie banke, ensovoorts ken slegs in uitsonderlike gevalle beurse aan wit Afrikanerkinders toe. Verskeie belowende Henning studente word so ontneem van die geleentheid om verder te studeer, omdat hul ouers nie kan bekostig om hierdie kostes te dra nie.

Oor die afgelope paar jaar het ons van tyd tot tyd 'n beroep op Hennings gedoen om daaraan te dink om iets in hul testament vir die Henning Familiebond, na hul dood, na te laat. Dit geld veral vir Henning's sonder nasate. Die plan is dan om hierdie fondse in 'n spesiale trustfonds te stort. Uit die rente wat op hierdie belegging verdien word, kan daar dan van tyd tot tyd beurse aan belowende Henning studente toegeken word.

Die bestuur van die Familiebond is terdeë bewus van die verantwoordelikhede wat hiermee gepaard gaan en die feit dat so 'n trustfonds (tans) minstens R500 000.00 sterk sal moet wees, voordat enige beurse daaruit toegeken kan word. Dit kan baie jare (dekades) duur voordat die eerste beurs togeken sal kan word.

Onlangs het Bondsekretaris, Olivier Henning hierdie plan bespreek met Herbert en Margita Henning van München, Duitsland, tydens hul jaarlikse vakansie in Suid-Afrika. Hulle is 'n bejaarde kinderlose egpaar en het 'n aanduiding gegee dat hulle eerder nou, terwyl hulle lewe, as beskermhere betrokke sou wou raak by 'n belowende Henning student, wie se ouers dit nie kan bekostig om self vir die studies te betaal nie. Die drie-en-sewentigjarige Herbert het 'n aanduiding gegee dat hulle graag tydens hul volgende vakansie in Suid-Afrika - vroeg in 2006, met ons (die bestuur van die Familiebond) en 'n aspirant kandidaat 'n gesprek sal wil voer.

Dit gee die bestuur van die Familiebond dus ongeveer 'n jaar tyd om potensiële kandidate te identifiseer, te sif en om saam met Herbert en Margita reëls en voorskrifte te formuleer.

Hoewel alle Henning studente vir hierdie hulp (beurs) in aanmerking kom, sal voorkeur gegee word aan studente wie se ouers (of hy/sy self) lid van die Familiebond is. Dit geld ook vir die kinders van nooiens Henning, wat nou 'n ander van het.

Die bestuur van die Familiebond is verheug oor hierdie potensiële geleentheid wat ons moontlik gaan kry om ons heel moeilikste doelwit te bereik. Potensiële aansoekers kan gerus skriftelik of per E-Pos vir Bondsekretaris, Olivier Henning skryf (adresse op bl 1). Verstrek asseblief volle besonderhede van die beoogde kursus of kursus waarmee u besig is, alle prestasies (akademies en ander) en die rede waarom u graag in aanmerking vir hulp sal wil kom.

Henning Piekniek

In die vorige Haantjie het ons volle besonderhede verstrek van die Henning piekniek wat ons vir 12 Februarie 2005 beplan het, ter ere van Herbert- en Margita Henning van München, Duitsland wat elke jaar vir ongeveer twee maande lank in Suid-Afrika vakansie hou en om gholf te speel (ten spyte van Herbert se 73-jaar). Persoonlike uitnodigings is aan alle Henning families in die Wes-Kaap gestuur.

Die piekniek was 'n reuse sukses ten spyte van die feit dat slegs sommige van die bestuurslede van die familiebond en hul families bygewoon het. Slegs een lid wat nie 'n lid van die bestuur is nie, het bygewoon - Len Henning die vorige Voorsitter van die Familiebond, wat al die pad van die Wildernis af gery het om die funksie by te woon. Nie een enkele Henning wat in die Kaapse Metropool, Helderberg, Overberg of Overstrand woon het bygewoon nie.

Henningsford??

Ons het 'n brief van Leon Henning van Drie Riviere, Vereeniging ontvang, waarby 'n interessante artikeltjie uit die Popular Mechanics van April 2004 aangeheg was.

Al ooit gehoor van die dorpie Henningsford in Nebraska, Amerika. Die artikeltjie lui as volg:

100 Years ago: April 1904
Wheels of Justice

Die trein wat die hofgebou vanaf Henningsford in Nebraska, Amerika na sy nuwe bestemming te Alliance vervoer het.

When the town of Alliance, Nebraska, replaced Henningsford as the county seat, it needed a courthouse. Rather than build a new structure, officials decided it would be more economical to ship the old one by freight from Henningsford. The two-storey courthouse measuring 12m by 15m, was loaded on a flatbed railway platform atop four 22 000 kg-capacity trucks. To keep the building from rocking, it was secured to loaded coal trucks.

Die Dorslandtrekkers

Om weg te kom van Britse oorheersing in die Kaapkolonie het 'n groep Afrikaners teen die middel sewentiger jare van die negentiende eeu hul waens gepak en na Angola getrek. Weens die ontberings wat hierdie mense ervaar het, het dit in die geskiedenis as die Dorslandtrek bekend geword. Ons is nie bewus van enige Henning families wat hierdie trek meegemaak het nie, maar dit is wel bekend dat Henning aangetroudenes nasate van hierdie trek was.

Vanaf 1928 het die meerderheid van hierdie trekkers en hul nasate na die ou Suid-Wes Afrika (Namibië) teruggekeer. So is nog 'n hoofstuk in die geskiedenis van die Afrikanervolk afgesluit en 'n nuwe ingelui.

Na 75-jaar is daar gedurende 2003 'n gedenkfees naby Swartbooisdrif gehou deur nasate en ander belanghebbendes. Verskeie items en elemente het die program 'n heuglike een gemaak: die tablo's deur die Voortrekkers, kragtige erediens en oordenkings, spesiale behandeling van die oorlewendes van die terugtog, 'n besielende feesrede deur Prof Pieter Potgieter, die onthulling van die gedenksteen en kranslegging by die monument en natuurlik die staaltjies en belewenisse van die 20 ere-feesgangers, daardie uitgelese groepie wat nog in Angola gebore is en die trek na Suid-Wes Afrika as kinders meegemaak het.

Tant Alie Henning (gebore van der Smit) lê 'n krans by die Dorslandtrek-monument, wat deur haar broer, Jan van der Smit, in 1953 gebou het, met Dirkie Yssel, 'n dogter van die boue

Een van hierdie 20 ere-feesgangers was tant Albertina (Alie) Henning (gebore Van der Smit) wat op 25 Augustus 1920 te Mombolo, in Angola gebore is. Sy is die eggenote van b1.c3.d10.e10.f4. Henning Willem Jacobus Henning. (Hy was die enigste Henning waarvan ons weet wat ook die voornaam Henning gehad het). Tant Alie het onder andere 'n krans gelê by die Dorslandtrek-monument.

Afsterwe van Hennings

Ons het oor die afgelope drie maande met leedwese kennis geneem van die afsterwe van die volgende Hennings:

b1.c3.d7.e9.f2. Pieter Hermanus Steyn Henning *27-6-1907 is op 23 Januarie 2005 te Stellenbosch oorlede in die ouderdom van 97 jaar en sewe maande. Oom Piet was, sover as wat ons kennis strek, gedurende 2004 die oudste lewende Henning in Suid-Afrika.

Genl.Maj PHS (Piet) Henning en sy vrou, Nan, die bekende skryfster van vele romans in Afrikaans.  Die foto is gedurende 2002 geneem, toe oom Piet 94 jaar en tannie Nan 91 jaar oud was

Oom Piet en sy eggenote, Nan was sekerlik van die mees bekende en kleurryke egpare en rolmodelle vir baie jongmense. Met sy aftrede op sestigjarige leeftyd was hy 'n Generaal-Majoor in die SA Polisie en het die pos van Kwartiermeester-Generaal beklee. Sy eggenote was onder baie Afrikaanse vrouens bekend as Nan Henning, die skrywer van vele romans in Afrikaans. Hulle het hul weer op Zastron gaan vestig, waar oom Piet gebore is. Tannie Nan het hom gedurende 2003 ontval, na 'n huwelik van meer as 70 jaar. Oom Piet sal altyd onthou word vir sy fisiese en geestelike fiksheid tot kort voor sy afsterwe. Hy het tot diep in die negentigs nog rolbal gespeel en was tot op ouderdom 95 nog die Voorsitter van die Bond van Oud-Polisiemanne in die Suid-Vrystaat. Na die dood van tannie Nan het hy egter vinnig agteruit gegaan.

Na tannie Nan se dood het hy 'n tydlank in die ouetehuis op Dewetsdorp gaan woon. Om te verseker dat hy darem naby familie woon, het sy kleindogter, Nicola en haar man Dries Kruger teen die einde van 2004 vir hom plek gekry in 'n versorgingsoord te Stellenbosch.

Oom Piet was vir my as Bondsekretaris 'n groot steunpilaar. Ek was trots daarop om dieselfde van as so 'n formidabele man te hê. Sy talle bydraes vir die Nuusbrief, oor baie jare, getuig van sy ywer, liefde en trots in sy afkoms en sy familienaam. Sy dood laat 'n baie groot leemte in die Henning familie.

Ons het in die doodberigte in Die Burger kennis geneem van die dood van Jacoba Maryna Johanna Henning (gebore van Dyk) *4-1-1913, op 19 Februarie 2005 in die ouderdom van 92 jaar en een maand. Sy was die eggenote van b7.c5.d1.e4.f4. Charles Meyers Henning. Tannie Maryna het skynbaar in Huis Altena in die Strand gewoon.

Interessante Gedenksteen

Die gedenksteen wat opgerig is vir Jan Sarel Marthinus Venter *3-7-1793 en sy vier kleinseuns wat na hom vernoem is

b6.c4.d1.e5.f3.g8.h4. Rina Venter (gebore Henning) van Garsfontein, Pretoria het vir ons 'n paar baie interessante foto's gestuur van die oorspronklike grafsteen van Jan Sarel Marthinus Venter, gebore 3-7-1793 en die gedenksteen van al sy kleinseuns wat na hom vernoem is, wat in dieselfde begraafplaas opgerig is - die Kortfontein begraafplaas, Kosterfontein.

Die begraafplaas is op die plaas van Karel van der Walt, wat die begraafplaas in 'n uitstekende toestand hou. Daar is onder andere drie Henning vrouens ook hier begrawe, nl. Cornelia Catharina Jacoba Henning, gebore Venter, die weduwee van b6.c4.d1.e5.f3. Willem Frederik Henning*29-4-1886 en hul dogter Cornelia Maria Venter (gebore Henning)(g11)*19-8-1930. Dan ook Gysbertina Johanna Henning, gebore Van der Walt *18-2-1891, die eggenote van b6.c4.d1.e5.f6. Jan Adriaan Henning.

Jan Sarel Marthinus Venter was die eerste Venter wat na Kosterfontein, in die destydse Rustenburgdistrik gekom het. Hy was getroud met Catharina Joachomina Davina Venter en uit hul huwelik is agt kinders gebore. Vier van hulle kinders het 'n seun na hul pa vernoem. Die gedenksteen dui Jan Sarel Marthinus Venter en sy kleinseuns, Jan Sarel Marthinus van Wyk, Jan Sarel Marthinus Venter, Jan Sarel Marthinus Henning en Jan Sarel Marthinus van der Walt aan. Ongelukkig is daar 'n fout gemaak met die oupa se geboortedatum op die gedenksteen.

Jan Sarel Marthinus Henning *21-4-1888 was die vierde kind van b6.c4.d1.e5. Willem Hendrik Henning en sy vrou Susanna Catharina Petronella Venter. Hy word as een van die ware Henning helde van die Anglo Boere-oorlog beskou omdat hy as 'n twaalfjarige seun saam met sy pa en veertienjarige broer in die Rustenburg Kommando onder Vdkt Eloff gedien het. Met die uitbreek van die oorlog moes hy by die huis bly omdat hy darem nog 'n klein seuntjie was. Toe die Britse magte vroeg in 1901 op hul plaas opdaag, die huis afbrand, hul veë en landerye vernietig en sy ma en susters na die Krugersdorp Konsentrasiekamp wegvoer, kruip hy in 'n sloot weg. Met net die klere aan sy lyf begin hy te voet soek na die Rustenburg Kommando, waar hy by sy pa en boetie, Willem aansluit. Aanvanklik hardloop hy maar oral saam en hou net aan sy pa se perd se stiebeuel vas. Mettertyd het hulle vir hom 'n perd en 'n geweer gekry en beweeg hy as 'n volwaardige burger saam met die kommando. Hulle dien tot aan die einde van die oorlog.

Jan Sarel Marthinus se ma en sussies is kort na hul aankoms in die Krugersdorp Konsentrasiekamp, oorgeplaas na die Merebank Konsentrasiekamp in Natal. Dit het as die "Strafkamp" bekend gestaan. Al die Boerevrouens wat dit moeilik vir die Britse magte gemaak het en nie met hulle wou saamwerk nie, is hierheen oorgeplaas. Drie van hierdie gesin se kinders het in hierdie twee kampe gesterf.

Weens die feit dat die foto van die oorspronklike grafsteen van Jan Sarel Marthinus Venter baie donker is, publiseer ons dit nie.

Geldsake

Dit is aangenaam om te berig dat met die druk van hierdie Haantjie slegs 32 lede nog nie hul bydraes vir 2005 aangestuur het nie. BAIE DANKIE! Ons laat dit aan elke lid oor om self te besluit hoe groot donasie hy/ sy kan bekostig. Die meerderheid lede stuur tans vir ons donasies van R100.00. Ons wil egter nie lede ontmoedig wat nie kan bekostig om donasies van hierdie aard te stuur nie. Enige bydrae, hoe klein ookal, is welkom. Ons maak egter graag spesiale melding van lede wat donasies van R200.00 of meer aanstuur. Oor die afgelope drie maande het die volgende lede groot donasies aangestuur:

L D (Leon) Henning van Drie Riviere in Vereeniging - R200.00
H F (Herman) Henning van Rietfontein, Pretoria wat 'n Lewenslange Lid is - R500.00
J C (Jan) Henning van Hartbeesfontein - R300.00
D (Danie) Henning van Randgate wat 'n Lewenslange Lid is - R200.00
Tannie Daphné Harker van Durban wat baie jare al 'n Erelid van die Familiebond is en elke jaar gedurende Februarie vir ons 'n donasie van R200.00 aanstuur. Sy is die enigste oorlewende lid van die vyfde geslag Hennings.
Dr M E J (Tjol) Henning van Lyttelton, Centurion - R300.00
P B (Pieter) Henning van Sinoville, Pretoria - R200.00

Baie dankie vir hierdie besondere bydraes, met 'n spesiale woord van dank aan ons Lewenslange Lede en Tannie Daphné Harker (Erelid).

Op 1 Februarie 2005 het iemand by die Mayville tak van ABSA Bank 'n bedrag van R100.00 in die Familiebond se rekening gedeponeer sonder om sy/haar naam en\of lidnommer as verwysing te verstrek. Laat weet ons asseblief wie u is.

Op 2 Maart 2005 het nog 'n persoon 'n bedrag van R200.00 te Prellerplein in die Familiebond rekening gedeponeer, sonder om sy/haar naam en/of lidnommer te verstrek. Ook in hierdie geval sal ons dit waardeer as u vir ons kan laat weet wie u is.

Lede kan dit ook gerus oorweeg om maandeliks per debietorder 'n klein donasie (van selfs so min as R20.00) aan die Familiebond te maak. Later voel u nie meer hierdie bedrag nie, maar oor 'n tydperk van 'n jaar het u 'n aansienlike bydrae gelewer. Die Familiebond is ook verseker van 'n konstante inkomste. Tans dra slegs twee lede op hierdie wyse by.

Name met 'n Bybelse Oorsprong

In sy reeks oor name met 'n Bybelse oorsprong, wat deur Henning families gebruik word, behandel Past Bjarne Fowels-Landmark van Hjelmeland in Noorweë in hierdie uitgawe die naam Christiaan / Christian.

Christian, Christiaan comes from Christ, which in Greek means the anointed. In Hebrew: Messiah, Israel's anointed King.

From the very beginning people had one name only. Eventually they started to get a second name to distinguish from a bigger group, according to their trade or abilities, like Peter Smith, Peter Miller, Peter Farmer. According to modern European practice every person has at least two names, e.g. James, and a family name, e.g. Brown. Occasionally we find also a third, a nickname of some kind given him by his associates. Biblical persons did the same: James, Son of Zebedee, Barabbas (= son of a father, probably illegitimate). In Afrikaans: van der ... Since there were several called James and John, Jesus called James and John Boanerges, "The sons of thunder". Jesus renamed Peter and gave him the name Cephas (both meaning the stone).

According to Acta 11,26 it was in Antioch that those who believed in Jesus Christ got the name Chistianós = Christian, from Christós. The pagans probably gave this name to them. They called themselves disciples, brothers, the holy etc. The Jews called them the Nazarenes.

But the believers soon accepted this name.

A Christian has received Christ's mercy (Luke 7,48; Acta 10,43), is a new creature (2 Cor 5,17) and is united with Christ (Rom. 6,5).

A Christian was dead (Eph. 2,1), the child of wrath (Eph.2,3) and the child of the devil (Joh.8,44). But a Christian is made alive (Eph 2,4-5), is God's child, and heirs of God (Rom 8,16f).

A Christian ought to be: consecrated (Rom 12,1), affected on things above (Col. 3,1f), holy (1 Pet 2,9) and living in hope (Tit 2,11-15). A Christian should be: like Christ (1 Joh 3,2), an heir (1 Kor 3,22).

Several of the Danish-Norwegian kings were called Christian. The southern-most town of Transvaal is Christiana, which was named after the daughter of the Voortrekker leader, Andries Pretorius, who crossed the Vaal at that point.

B.Fowels-Landmark.

Ou Henning Foto's

Om alle Hennings aan te moedig om hul ou familiefoto's vir ons te stuur, om in die Familiekroniek op te neem, publiseer ons graag 'n paar foto's wat ons die afgelope tyd ontvang het. Onthou! Ons stuur alle foto's so spoedig moontlik weer terug. Die maklikste is natuurlik om foto's per e-pos te stuur.

b6.c3.d3.e4.f4. Tjaart Johannes Henning *7-6-1882 met drie van sy stiefkinders en twee eie kinders. Weerskante van Tjaart is Emmelie - en Murial Laidlaw (sy vrou se kinders by haar eerste man). Voor sit Lennert Laidlaw en Tjaart se twee eie kinders Janet Sophia *19-9-1913 (g2) en Johan Christiaan *5-4-1912 (g1)

'n Foto uit die Daniël Stephanus Tak (b10) - die kleinste tak onder die Hennings. Dit is ook die tak van wie ons die minste foto's het:

b10.c6.d3.e2. Daniël Stephanus Henning *15-4-1898 met Johanna (f3)*29-7-1934 op sy arm, Miriam *30-3-1924 (f1), Oupa Pieter Barend *17-4-1874 (b10.c6.d3.) Sittende: Pieter Barend *20-10-1929 (e2.f2.), Ralie (suster van ouma Johanna), Hester (gebore van Heerden) vrou van Daniël Stephanus *15-4-1898 (d3.e2.), ouma Johanna (vrou van b10.c6.d3. Pieter Barend)