Nr 78

Mei 2004

Indeks:

Celesté Henning ontvang Borgtoekenning

In die Februarie 2004 Haantjie het ons berig oor b1.c3.d10.e8.f1. g1.h1.i2. Celesté Henning van Bloemfontein, wat die tweede beste van alle matrieks in die Vrystaat gevaar het. Sy het nege onderskeidings (agt op hoër graad) behaal.

Twee leerlinge van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het vanjaar albei die gesogte borg-toekennings van die Vrystaatse SAOU ontvang. Elize van Eck (links), voorste matriekleerling (2003) in die Vrystaat, het die jaarlikse ope prys ontvang vir haar prestasie, en Celesté Henning (regs), nommer twee in die Vrystaat, het die geslote prys ontvang vir die leerling in die Vrystaat wat die beste gevaar het en wie se ouers lid is van die SAOU. Mnr Herklaas Smit (middel), uitvoerende hoof van Vrystaat SAOU, het hul kontantpryse op 16 Januarie 2004 tydens 'n saalbyeenkoms oorhandig.

'n Henning Baba

Lenélle Henning (6) en haar pasgebore boetie, Heinrich op 9 Februarie 2004 in die Durbanville Privaat Hospitaal

9 Februarie 2004 was 'n heuglike dag vir b7.c8.d8.e3.f4.g2. Leonard en Chantellé Henning en hul dogtertjie, Lenélle(6) van Van Riebeeckshof, Bellville. Klein Heinrich Johannes Henning is gebore. Lenélle het so uitgesien na die geboorte van haar nuwe boetie.

Heinrich is die vyfde kleinkind van Olivier en Charlotte Henning van Villiersdorp.

Herbert en Margita Henning van München, Duitsland

v.l.n.r. Herbert (71) en Margita Henning van München, Duitsland, Olivier en Charlotte Henning en Margita se oudste suster, wat 'n tydlank saam met hulle in Suid-Afrika vakansie gehou het.  Hierdie Duitse Hennings het ook lief geword vir Suid-Afrika, soos ons.

Ons het in die Februarie 2004 Haantjie berig oor Herbert en Margita Henning van München, Duitsland wat van Januarie tot Maart 2004 in Suid-Afrika kom vakansie hou en hopelik kontak sou maak met Bondsekretaris, Olivier Henning van Villiersdorp.

Dié twee Henning gesinne het toe inderwaarheid by twee geleenthede by mekaar gekuier. Eers by Olivier en Charlotte se huis by die Theewaterskloof Landgoed, Villiersdorp en daarna by Herbert en Margita se woonstel te Somerset-Wes.

Herbert se ouers was die laaste Henning eienaars van die die kasteel en landgoed te Karnin, Duitsland, voordat die Russiese Magte dit gedurende die Tweede Wêreldoorlog gekonfiskeer het. Herbert was op daardie stadium slegs 10 jaar oud. Sy vader was reeds dood en sy moeder is hierna dood van honger en ontberinge. Hul kinders is oor die hele Duitsland versprei. Margita se pa was 'n generaal in die Duitse Weermag gedurende die 2de Wêreldoorlog. Hy was 'n beroepsoldaat wat sy land gedien het, afgesien van die regering wat aan bewind was. Ongelukkig was dit op daardie stadium die bewind van Adolf Hitler. Weens die blatante haat en hardhandige behandeling wat hierdie gesin na die oorlog van die veroweraars, die Gealieerde Magte van Amerika, Brittanje, Rusland en ander lande ontvang het, praat Margita nie graag oor hierdie jare nie. Soos haar broers en susters was sy slegs 'n klein dogtertjie wat niks van politiek en oorlog en sulke dinge geweet het nie. Haar oudste broer, het as 20-jarige soldaat gesneuwel.

Herbert en Margita kom volgende jaar weer vir twee maande lank (middel Januarie tot middel Maart) in Suid-Afrika vakansie hou. Hy het die wens uitgespreek om een of ander Henning byeenkoms by te woon. Nader aan die tyd sal ons bepaal wat ons gereël kan kry.

Dankseggingsdag 1938.  Die Henning gesin van Karnin, Duitsland saam met die gesinne van al die werkers op hul Landgoed, op die trapkolom by die voordeur van hul kasteel.  Die agt Henning kinders staan tussen die kinders van die werkers. Die foto gee mens 'n idee van die grootte van die kasteel.

Henning Webwerf Statistiek

Besoek die Henning Webwerf op Internet by www.henning.org vir 'n trotse ervaring

Op 28 Junie 1997 het die Henning familie sy verskyning op die Internet gemaak en reg van die begin af was dit duidelik dat ons webwerf 'n reuse sukses was. Letterlik duisende mense wêreldwyd besoek ons webwerf elke jaar. Die terugvoer, komplimente en adisionele gegewens wat ons ontvang, het ons stoutste verwagtings oortref.

Sedert 1999 hou ons statistiek by ten opsigte van die Henning webwerf - 1. Die getal mense wat ons webwerf besoek; 2. Die getal mense wat gegewens afgetrek het, en 3. Die getal mense van verskillende lande wat die webwerf besoek het.

Vir die jaar 2003 was daar weer, soos al die voorafgaande jare, 'n stewige groei in die getalle. Die kolom Besoeke sluit natuurlik alle persone, besighede en organisasies in wat sommer net kyk wat op die Net aangebied word. Dit is dus van minder belang. Die kolom Gegewens afgetrek is van groot belang, want dit verteenwoodig diegene wat werklik belangstel. Mense wat gegewens afgetrek het, het met 'n kolossale 78% gegroei.

BesoekeGegewens Afgetrek
1999 - 54 7021999 - ?
2000 - 104 2482000 - 13 566
2001 - 173 3102001 - 16 682
2002 - 117 1592002 - 19 287
2003 - 188 8532003 - 34 321

Gegewens ten opsigte van watter lande se mense die meeste besoeke by die webwerf afgelê het, is as volg: Die oorgrootte meerderheid besoeke is vanaf besighede, handels-organisasies, netwerke en nie-winsorganisasies gemaak, waar ons nie die land kan identifiseer nie - 124 567. Waar ons wel die land kon identifiseer, lyk die statistiek as volg:

1. Brittanje - 41 9209. Australië - 526
2. Suid-Afrika - 11 53910. Brazilië - 481
3. Kanada - 1 92211. Nieu-Seeland - 401
4. Nederland - 1 45812. Taiwan - 128
5. VSA - 1 12613. Hong Kong - 127
6. Japan - 92114. Hongarye - 97
7. Duitsland - 72815. Swede - 100
8. Denemarke - 53016. Alle ander lande - 2232

Daar word tans aan ons webwerf gewerk, gevolglik mag u probleme ondervind om toegang te kry. Ons is besig om dit te verbeter en op te gradeer. Hierdie aksie sal hopelik binne die volgende twee maande voltooi word. Ons is steeds op soek na mense wat bereid sal wees om met vertaalwerk na Engels en Duits te help.

Geldsake

Oor die afgelope drie maande het verskeie lede hul beloofde bydraes vir die jaar 2004 aangestuur. Baie dankie daarvoor. Dit verseker dat die Familiebond sy verpligtinge kan nakom. Ons maak graag spesiale melding van lede wat donasies van R200.00 en meer aangestuur het. Oor die afgelope drie maande val die volgende bydraes in hierdie kategorie:

Erich en Levien Endrejat (gebore Henning) van Benoni - R200.00
Jan en Elsie Henning van Hartebeesfontein - R300.00

In die vorige Haantjie het ons berig oor 'n onbekende donateur wat gedurende November 2003 'n bedrag van R200.00 direk in ons bankrekening gedeponeer het. Ons het intussen vasgestel dat dit Jacobus Cornelius Henning van Noordstad, Bloemfontein was. Baie dankie Jacobus.

Daar is ongelukkig nog 26 gesinne wat lede van die Familiebond is, wat nog geen bydrae vir 2004 gemaak het nie. Ons doen maar weer 'n beroep op hierdie lede om hul bydraes so spoedig moontlik aan te stuur. Voor mens jou od kan uitvee is dit al weer die einde van die jaar. Oktobermaand lê ook voor, wanneer ons Henning fees gaan hou ... en daarvoor benodig ons heelwat fondse.

Baie dankie aan al ons Erelede (Hennings ouer as 80 jaar) en Lewenslange Lede wat ook van tyd tot tyd vir ons donasies aanstuur. Een van ons Erelede, tannie Daphné Harker van Durban (b7.c8.d8.e8.) stuur al vir etlike jare lank, elke jaar minstens een donasie - sommige jare doen sy dit sommer twee keer. Hierdie jaar het sy vir ons 'n donasie van R200.00 aangestuur. Baie dankie tannie Daphné!

Verskeie lede deponeer hul bydraes direk in ons bankrekening - baie dankie daarvoor! Ons wil graag versoek dat u naam en lidnommer as verwysing op die inbetaalstrokie vermeld word. Alle banke het 'n spesifieke spasie waar enige verwysingnommer verstrek kan word. Van tyd tot tyd word geld gedeponeer, waar ons nie kan vasstel wie die deposito gemaak het nie.

Henning Fees 2004

Soos ons nou al verskeie kere bekend gemaak het, sal die derde landwye Henning Familiefees op 2 Oktober 2004 by die Zwartkop Lapa in Centurion gehou word. Hierdie fees sal die twintigjarige bestaan van die Henning Familiebond herdenk.

Ons wil weereens 'n ernstige beroep op al ons lede doen om alles in hul vermod te doen om hierdie fees by te woon. Probeer ook om soveel moontlik van u familie wat nie lede van die Familiebond is nie, saam te bring.

Daar gaan nie lang toesprake en vervelige dinge gedoen word nie. ONS GAAN BEHOORLIK FEESVIER!

Ons sal mettertyd volle besonderhede en 'n roetekaart versprei. As enigiemand enige spesiale voorstelle vir die fees het, laat asseblief van u hoor, sodat ons kan probeer om dit by die program in te werk.

Buitelandse Hennings

Benjamin (of Ben) Henning van Houten, Nederland, wat navorsing doen na die Henningfamilies in Nederland

Van tyd tot tyd ontvang ons briewe per e-pos van Hennings uit die buiteland. Ons publiseer graag van die interessantste briewe:

Die eerste brief kom van Warskou, Pole.

please send my best birthday wishes to andries gerhardus henning. I was born 6 feb 1955 too!!!

mariusz sluzewski
warsaw, poland

Ongelukkig het ons tans nie kontak met b6.c1.d3.e5.f6.g3.h1. Andries Gerhardus Henning *6-2-1955 nie. Indien enige van ons lede kontak met hom het, sal ons bly wees as hierdie groete aan hom oorgedra kan word.
Ons het reeds berig oor Benjamin Henning en Pieter Verbunt wat navorsing doen oor die Henning families van Nederland. Hul stamvader het ongeveer dieselfde tyd in Nederland aangekom as wat ons Stamvader, Pieter Hendrik Henning by die Kaap aangekom het. Ben Henning het sedertdien weer van hom laat hoor:

Beste Olivier

Dank voor het tijdschrift "het Haantje" van Februari met de prachtige foto's uit Noorwegen. Mijn onderzoek in Nederland was aanvankelijk alleen mijn eigen familie maar in de loopder tijd heb ik ook veel gegevens van andere Nederlandse Henningen gekregen zodat ik een aardig bestand had opgebouwd. Helaas is eind vorig jaar in mijn huis ingebroken en mijn computer gestolen. Ik was de programmatuur kwijt. Wel heb ik gelukkig alle gegevens van de Henningen nog wel. Een nieuwe computer heb ik inmiddels aangeschaft. Ik moet nu nog nieuwe programmatuur kopen en de gegevens allemaal opnieuw invoeren. Dat kost tijd. Maar ik beloof je dat je daarna de gegevens krijgt toegestuurd. Ik stuur je hierbij een foto van mijzelf toe zoals je gevraagd had.

Tenaanzien van de broers van mijn stamvader Friedrich Siegmund Gotfried Henningáben ik naast Christiaan ook nog een Elias Benjaminátegengekomen, hij was getuige bij de doop van een zoon van Friedrich op 22-03-1761 te Amsterdam. Deze Elias Benjamin ben ik verder niet meer tegen gekomen ik weet dus geen leeftijd of iets anders. Ik vermoed dat hij in Duitsland woonde en weer naar Duitsland is teruggegaan, maar dat is maar een veronderstelling. Misschien is er via jullie bronnen iets bekend van een Elias Benjamin Henning.

Groeten Ben Henning

b7.c1.d10.e3.f5.g1.Leonard Henry Henning van Wildernis in die Suid-Kaap, was vir 'n klompie jare Voorsitter van ons Familiebond. Sy dogter, Sonja, wat deesdae in Engeland woon, het ook van haar laat hoor:

Henning in lake district cumbria england

Hi, my name is Sonja Elizabeth Henning. I am the daughter of Leonard Henry Henning, and am now living in a little village called Ravenstonedale, near Kirkby Stephen in the Lake District in Cumbria. What a pleasure to be able to logon and be in immediate contact with a familiar name.

My father has instilled a strong sense of FAMILY HISTORY in his daughters, and being the only HENNING for miles around, it''s nice to have the FAMILY just a click away.

I have had the pleasure of attending a few bond meetings and our first official family reunion in Aliwal North in 1988, and there is no better gathering than a load of hennings enjoying a braai.

I have re-married, but have proudly kept my maiden name. If there are any family members visiting the lake district, feel free to stay with us

My e-mail is sonjahenning@yahoo.com

Till we gather again!! Sonja

Name met 'n Bybelse Oorsprong

In ons reeks oor name met 'n Bybelse oorsprong, wat deur die Henning familie gebruik word, bespreek Past Bjarne Fowels-Landmark van Noorwed in hierdie uitgawe die naam JACOB.

They come in hundreds every year. Many have been walking 800 km from the French border to get to the 3rd most holy place in the Christian world (after Jerusalem and Rome).

Their goal is the cathedral in Santiago de Compostella in Northern Spain. Surrounded by legends based on the apostle Jacob this city has grown. Jacob, the older brother of John, brought Christianity to Spain.

On his return to Jerusalem he was executed by sword at King Herod's order. Jacob's body was brought back to Spain and buried in a remote place. In 813 a bishop, guided by a star, found Jacob's tomb. A church was built on the place and thus the story became known world wide. The place became a picturesque city, and the church a beautiful cathedral. Santiago means "St. Jacob". Compostella means "the star place". Santiaga de Compostella means "St. Jacob from the star place".

There are several Jacobs in The New Testament. They were probably proud of being named after the first mentioned Jacob in the Bible (as would be the 446 of that name in the Henning family). Jacob, from Hebrew: aqab = grab the heel, trip somebody up, deceiver. Jacob is one of the 3 patriarchs. He was the son of Isaac and Rebecca, and twin brother of Esau, who was the first born. They were probably born by the well Lakai Roi, when Isaac was 60.

In his youth Jacob was a shepherd and his mother's favorite. He tricked his brother to first sell him the birthright and the right to inherit the land God gave into Abraham. Assisted by his mother he fooled his old father to give him the blessing instead of Esau. Afterwards he was sent to Canaan to find a wife among his uncle Laban's daughters. At Luz he dreamed one night that he saw a ladder to heaven and the Lord stood above it. He named the place Betel, "House of God". Jacob served Laban for 7 years to get Rachel for his wife. Instead he got Lea and had to serve another 7 years before he got Rachel. Jacob stayed 6 more years with Laban. Rachel gave birth to Josef, and later Benjamin. (Jacob got several more children with other women). Jacob left Laban without any notice, and returned to his twin brother Esau. He prayed for reconciliation, which later took place between the two brothers.

One night "a man came to him and they fought until the break of day". Since Jacob did not give in, his name was changed to Israel. During a famine Jacob sent most of his sons to Egypt to buy corn. Later he and his family moved to Goshen in Egypt, where he died 17 years later. His embalmed body was returned to his homeland and buried in a cave of the field of Machpelah.

The 12 tribes, comprising the nation Israel, are named after Jacob's 12 sons. But back to the apostle Jacob. He was the son of Zebedee and Salome (the sister of Virgin Mary), and the brother of the apostle John. (Here we face a little translation problem: Jacob is in the English Bible called James, while the Dutch, Afrikaans and Scandinavian bible editions call the two brothers Jacob(us) and Johannes). The two brothers were fishermen like Peter and Andrew. Jesus called them to follow him and become fishers of men. They belonged to the inner circle of close friends of Jesus. Jacob was one of the "Boanerges" = the sons of thunder, because of their temperament or eagerness to preach the gospel. In the year 43 Herod was responsible for Jacob's execution by sword on King Agrippa I's order. Thus he became the first martyr.

The above mentioned Santiago de Compostella became a center for resistance against Islam. Jacob, son of Alpheus, is another of the 12 apostles. He could have been St. Matthew's brother. He was in Jerusalem after the Ascension Day. Finally let us not forget Jacob, brother of Jesus. He was Jesus oldest brother. The others were: Joseph (Joses), Simon and Judas. Jacob did not believe in Jesus in the beginning. He met Jesus after Jesus' resurrection and became an apostle. He became the leader of the congregation in Jerusalem after Peter had to flee in the year 44, and was called "the just". He received Paul returning from his 3rd mission journey in 58. He is the author of The Epistle of James. According to Eusebius, he was thrown from the temple wall in the year 65 ca., stoned and killed with a heavy blow to his head.

These are the main people by the name of Jacob mentioned in the Bible.

B. Fowels-Landmark.