Nr 73

Februarie 2003

Indeks:

n Henning Top Fotografiese Model!

b7.c7.d10.e4.f2.g3. Cecile Henning op die voorblad van die Oktober 2002 uitgawe van SarieDit is lekker om te rapporteer oor Henning jongmense wat presteer en dit gebeur deesdae al hoe meer gereeld!

Ons glo dat alle Hennings wat die tydskrif SARIE lees, die Oktober 2002 uitgawe sou geniet het. Op die voorblad pryk die foto van een van die top fotografiese modelle van Suid-Afrika Cecile Henning. Die artikel in die tydskrif oor haar laat mens gloei van trots. Sy is beslis ge-oormerk om een van die topmodelle in die wreld te word. Om op die voorblad van n glanstydskrif, soos SARIE te pryk, is al reeds n groot prestasie.

Cecile is die dogter van b7.c7.d10.e4.f2. Philippus Arnold (Philip) Henning en sy vrou Annatjie van Durbanville. Philip is n pediater en Annatjie n fisioterapeut. Cecile het twee ouer broers, Beyers en Philip en n jonger suster, Alma.


 

Waterval en die Graf van b7. Gert Frans Henning

Dit is bekend onder die Aliwal-Noord Hennings dat b7. Gert Frans Henning en sy tweede vrou, Gerbreg Leviena(gebore Olivier) vanaf 1841 op die plaas Damfontein, in die Aliwal-Noord distrik gewoon het. Soos maar in alle huishoudings die geval is, het die kinders ouer geword en die huis verlaat.

Piet (b7.c1.) (of mooi Piet soos hy genoem is) het reeds te Modderpoort, naby Jamestown gewoon. Marthinus Christoffel (b7.c2.) het op Driefontein, n buurplaas van Damfontein gaan boer. Gert Frans (b7.c5) het na die Cradock distrik getrek, waar hy die plaas Klipplaat bekom het. Philippus Arnoldus (b7.c7.) het op die plaas Waterval, tussen Aliwal-Noord en Lady Grey gaan boer. Gert Henning se agtste kind, sy seun Olivier het mettertyd die boerdery op Damfontein by sy pa oorgeneem, terwyl Johannes Lodewyk (b7.c13.) na die gebied trek wat later as die Transkei bekend sou word.

Gert Henning en sy vrou, Gerbreg het van tyd tot tyd vir lang rukkeby van hul ander kinders gaan kuier. So is Gert dan ook op 18 Oktober 1873 oorlede, terwyl hulle by hul seun Philip op die plaas Waterval gekuier het. Ten spyte van die feit dat daar n familiebegraafplaas op Damfontein was, is Gert te Waterval begrawe.

Gert se vrou, Gerbreg, is terug Damfontein toe. Op 3 Januarie 1880 sterf sy te Damfontein. Omdat haar man op Waterval begrawe is, besluit die kinders dat sy ook te Waterval begrawe moes word.

Tydens sy navorsing na die geskiedenis van die Henning families het Bondsekretaris, Olivier Henning gedurende die 1980s die plaas Waterval besoek om na Gert Frans en Gerbreg Henning se grafte te soek. In die kort tydjie wat tot sy beskikking was, kon hy egter niks opspoor nie.

Onlangs het b7.c7.d10.e4.f3. Pieter Hendrik Henning van Partridgestr, Horison, Roodepoort vir ons die volgende laat weet:

Tydens ons besoek aan Waterval het ons die begraafplaas ter sprake gevind. Dit is gele aan die linkerkant van die pad en sowat 40 meter voor die ingang na die opstal. Dit is ongeveer 45 meter na die drif wat lei tot die waterval.

Geen van die agt grafte het egter grafstene of enige aanduidings van welke persoon in watter graf begrawe is nie.

Olivier met jou deeglike databasis kon ek egter bepaal wie die groep van Hennings is wat op Waterval begrawe is. Ek wil voorstel dat ons as Hennings ooreenkom dat 'n inskripsie tablet daar opgerig en die terrein met die toestemming van die eienaar omhein word.

Die eienaar Deon Smit en sy vroutjie Elsabe bedryf 'n rekenaar onderneming in Aliwal-Noord, is baie gaaf en ons glo nie dat hy enige probleme daarmee sal h nie. Moontlik het een van die twee neefs Philip nog hulle telefoon nommer en het dalk 'n foto van die begraafplaas vir ons.

Ek wil voorstel dat almal wat belangstel, die beplande aanhangsel sal bestudeer en verander waar nodig. Ek sal dan onderneem om die huldigingsplaat te laat maak. Die plaat kan dan tydens 'n geskikte seremonie daar onthul word.

Om kostes laag te hou kan ek voorstel dat ons die plaat laat ets in koper op glasvesel, (die tegniek wat gebruik word om PC-borde te vervaardig). Indien die plaat aan twee gegalvaniseerde of kreosoot-pale bevestig word, behoort dit goed teen veldbrande en die effek van die son bestand te wees.

HIERDIE IS n BAIE BELANGRIKE DEURBRAAK IN DIE GESKIEDSKRYWING VAN DIE HENNING FAMILIES, want dit is die eerste graf van die tweede geslag Hennings (kinders van die stamvader Pieter Hendrik Henning) wat opgespoor is.

Pieter Henning van Roodepoort se voorstel dat n gedenkplaat by die begraafplaas opgerig word, word sterk ondersteun deur die bestuur van die Familiebond. Ons sal u op hoogte hou van verwikkelinge met betrekking tot die goedkeuring deur die plaas eienaar, kostes, ensovoorts. Indien die voorstel prakties uitvoerbaar blyk te wees, is die plan om n beroep op alle nasate van b7. Gert Frans Henning te doen om by te dra tot die kostes.

Pauline Castle van Nieu-Seeland

Mev Pauline Castle van Wellington, Nieu-Seeland is as n pasgebore baba gedurende November 1954 deur pleegouers in Nieu-Seeland aangeneem. Sy het onder die van Watson grootgeword. Soos wat dit die geval met die meerderheid aangenome kinders is, het sy ook maar gewonder wie syself en haar biologiese ouers werklik was. Op 21-jarige ouderdom het sy dan ook begin soek na haar biologiese pa en ma. Sy het egter nie die Watsons wat haar grootgemaak het, vergeet nie en hulle steeds as haar ouers beskou.

Haar biologiese ma het sy in Nieu-Seeland opgespoor en hulle het goeie vriende geword. Sy kon egter nie haar biologiese pa opspoor nie.

Uit haar aannemingrekords kon sy aflei dat hy n Henning was. Hy het egter vanaf Kenia na Nieu-Seeland gekom om suiwelkunde te studeer. Haar soektog in Kenia het ook niks opgelewer nie. Gedurende 1988 vind sy uit dat daar heelwat Hennings in Suid-Afrika is en sy maak kontak met ons Bondsekretaris.

Bondsekretaris, Olivier Henning het destyds onmiddelik vasgestel dat sy en haar biologiese pa by die Burgersdorp Tak Hennings inpas. Hy kon vir haar die geskiedenis van haar voorsate verskaf, asook n hele paar fotos van voorsate. Ongelukkig het hy op daardie stadium geen kontak met haar biologiese pa gehad nie, omdat hy skynbaar gereeld tussen Suid-Afrika, Zimbabwe, Kenia en die Seychelles beweeg het. Olivier het egter n punt daarvan gemaak om hom op te spoor. Na n soektog wat jare geduur het, het hy hom opgespoor en sy adres aan Pauline Castle deurgegee.

Olivier Henning en sy vrou Charlotte, saam met Pauline Castle van Nieu-Seeland tydens haar besoek aan Suid-Afrika.Olivier en Pauline het dus sedert 1988 gereeld gekorrespondeer en het di twee families groot vriende geword. Pauline beskou hierdie Hennings as haar eie familie. Die begeerte het by Pauline ontstaan om te sien hoe Suid-Afrika lyk. Sy wou ook graag haar biologiese pa persoonlik ontmoet. Soos maar met die meeste van ons die geval is, het n gebrek aan voldoende fondse n reis na Suid-Afrika verhinder. Pauline se man, Colin, het haar egter aangemoedig om so n reis te beplan.

Gedurende Augustus 2002 het Pauline se finansies n reis na Suid-Afrika toegelaat. Olivier Henning en eggenote, Charlotte, het vir n paar dae as gashere vir Pauline opgetree. Ongelukkig het die weer gedurende hierdie paar dae nie saamgespeel nie dit het onophoudelik geren, en selfs gesneeu. Vir Pauline was die slegte weer en sneeu niks buitengewoons nie, want in Nieu-Seeland is hulle gewoond aan sulke weer. Sy het dus die paar dae in die geselskap van die Hennings terde geniet en bykans al die belangrike plekke in die Kaap en omgewing gesien.

So Bring ons Hulle Bymekaar

Van tyd tot tyd kry Bondsekretaris, Olivier Henning te doen met mense wat na Henning familielede of vriende soek. Soms kan hy help. In ander gevalle moet hy met teleurstelling laat weet dat hy nie kan help nie. Dit gebeur egter ook dat hy aanvanklik nie kan help nie, maar dan met verloop van tyd die gegewens ontvang om te kan help.

Gedurende 1987 het Olivier Henning n brief ontvang van n Anthony Raymond Henning. Hy was die derde kind van Willem Reimer Henning en sy vrou Olwyn Ethel (gebore Thomas). Anthony en sy twee ouer broers, Peter Reginald en Winston Riemer is in Nieu-Seeland gebore.

Anthony het navraag gedoen of Olivier nie moontlik kontak met sy moeder gehad het nie, want hy het haar as n klein seuntjie laas gesien. Ongelukkig het Olivier geen kontak met sy moeder of vader gehad nie.

Gedurende Oktober 2002 ontvang Olivier n e-pos uit Skotland van Olwyn Ethel Stuart (voorheen Henning, gebore Thomas). Haar brief lui as volg:

After many years of searching for my 3 sons I have finally found them listed in your web site. I cannot see any way of contacting them directly through the site and would be so grateful if you could assist me in any way. They are Peter Reginald, Winston Riemer and Anthony Raymond Henning.

Olivier het onmiddelik besef dat dit die moeder was van Anthony Henning, wat gedurende 1987 na sy ma navraag gedoen het. Dit was ook dieselfde familie waarin Pauline Castle van Nieu-Seeland betrokke is. Deur bemiddeling van Pauline kon ons uitvind dat Anthony en een van sy broers reeds vir n paar jaar lank rens in Suid-Amerika woon. Hulle adres is ongelukkig selfs aan hul vader onbekend. Die derde broer woon in Midrand.

Alle beskikbare gegewens is dus aan mev Olwyn Stuart deurgegee. Ons glo dat sy na meer as 40 jaar met een van haar seuns kontak sal kan maak.

Ds Bjarne Fowels-Landmark van Noorwe

Ons het reeds berig oor Ds Bjarne Fowel-Landmark van Hjelmeland, Noorwe wat as lewenslange lid by ons Familiebond aangesluit het. Sy ouma se ma was b7.c8.d1. Martha Henning *26-8-1857, wat met Herman Zurich getroud was. Bjarne is baie trots op sy Henning voorsate en is baie lief vir ons land, Suid-Afrika. Hierdie merkwaardige man is n besondere taal geletterde persoon deurdat hy vaardig is in minstens 14 tale: die twee Noorweegse tale, Deens, Sweeds, Duits, Spaans, Engels, Frans, Nederlands, Arabies, Grieks, Hebreeus, Latyn en ook n bietjie Afrikaans en kombuis Zoeloe.

Nadat hy n eksemplaar van die jongste Henning Familiekroniek gekoop het, het hy laat weet dat hy heeltemal goed reggekom het met die Afrikaans in die boek. In n hele paar briewe skryf hy oor taalsake. Interessantheidshalwe haal ons enkele gedeeltes aan uit sy briewe:

I have read Die Henning familiekroniek. I should like to know where you found the 2 interesting photos on pages 282 (Opstandige burgers van Graaff-Reinet) and 283 (Xhosa veediewe en brandstighters)? Is it possible to get a postcard in colour of them? Where can these paintings be seen today?

Being a lutheran, much of the theology study was read in German. Besides we got TWO Norwegian languages. My Afrikaaner background explains why I am so engaged in the protection of my mother tongue, New-Norwegian. (I am engaged locally and on county level.) This language is based on norwegian dialects.

After the Black Death the language Old-Norwegian (today spoken in Iceland and Faroe Islands) died out. We came under Denmark for 400 years. The danes forced upon us their language, through their danish civil servants. All higher education for norwegians - on University level- was in Copenhagen. The norwegian returned to their homeland, trying to speak danish and all of them wrote it. The more complicated, the better. Norwegian names got spelt in the strangest manner, in accordance with danish syntax. Often in various ways: Byrkja, became Birke, Birk, or Burke. But danish was not natural for us. We could read it, and tried to write it, but it became a colonial Danish with a lot of norwegian words mixed in. In 1830 a Norwegian self-learned farmer's son, Ivar Aasen,who wrote Danish perfectly, started to collect norwegian words, wrote a grammar and published his works.

He travelled around the country and formed the New-norwegian language (as it was called) This is my mother tongue. (Presently it is popular to speak dialect.)

I am using New-norwegian in writing and talking. Today it is still a minority language, but not smaller than that Microsoft now has made a program for PCs. Much of the population is using this language in their daily talking, but most of the written literature, and nearly all newspapers are written mainly in "Book-language", based on danish. To make it more complicated: the Laps in the north have their own language. (And so have the deaf people).

I have never learned Dutch, but have picked it up by ear. English was my father's language, and is tought in school. I also had to learn German and French. We were offered some education also in Latin, which helped when I later had to pass the Latin exam at Oslo University. I also took exam in Phonetics and Grammar at the University. Swedish and Danish are fairly close to Norwegian, and are no obstacle. Then I had to pass an exam in Hebrew (for the Old Testament) and Greek (to be able to read the New Testament). Later I had a quick course in Arabic.

An englishman always expects everone else to understand their language. Therefore he does not need to learn any other language. So it looks. Concerning language: I forgot to tell that in addition to my kitchen-Zulu, I once learned some Spanish. This help me to travel in Italy, without too much difficulty languagewise, since these languages belong to the same group. In a period we got a lot of immigrants from Chile. Therefore my wife and I took a course in Spanish. This prooved to be useful. Shortly afterwards I got my first and only wedding in Spanish, followed by 2 christening cermonies in the same language. I thought I was very brave!

Bjarne is so beindruk met ons Familiebond en ons Nuusbrief dat hy self op Internet rondsoek vir inligting wat vir ons geskiedskrywing van waarde kan wees. Twee ander bydraes deur hom verskyn verderaan.

Henning Familiekroniek en Ander Henning Items

Daar is nog n paar eksemplare van die derde oplaag van die Henning Familiekroniek beskikbaar. Dit is n A4 grootte boek van 368 bladsye. Die boek weeg 1,33 kilogram n lywige publikasie. Prys R250.00 per eksemplaar, plus posgeld ten bedrae van R29.00, vir versending per versekerde pos. Totaal R279.00.

Ons beskik ook nog oor die volgende items met die Henning wapen in volkleur:

Skryfblokke (50 bladsye) R24.00 per blok

Teelepels, Suikerlepels en Koekvurkies (goud) R20.00 elk
Teelepels en Koekvurkies (silwer) R16.00 elk

Van tyd tot tyd ontvang ons versoeke vir mansjetknope en/of lapelwapens, wat ongelukkig uitverkoop is. Ons sou graag weer n bestelling wou plaas vir mansjetknope en lapelwapens. Die vraag blyk tans egter te klein te wees, om n nuwe bestelling te regverdig. Ons sal dit dus baie waardeer as lede ons kan verwittig indien hulle belangstel in enige van hierdie items.

Donasies en Ledegeld

Baie dankie aan al ons lede wat reeds hul bydraes vir 2003 aangestuur het in besonder diegene wat bydraes van R200.00 of meer aangestuur het.

Mev Levien Endrejat van Oosrand R200.00
Mnr Jan Andries Henning van Leraatsfontein R300.00

Alle bydraes, hoe klein ookal, is ewe welkom, maar dit is bydraes van hierdie aard wat die Familiebond laat vooruitgaan.

Bydraes kan per pos aangestuur word, of direk in die Familiebond se bankrekening gedeponeer word: ABSA Bank Villiersdorp, Takno 334-612, Rekeningnaam Henning Familiebond, Rekening nommer: 2890 610 423. Verstrek asseblief u voorletters en van en lidnommer (soos aangedui op die adres etiket van hierdie Nuusbrief) as verwysing van wie die deposito gedoen het.

Indien u dit nie doen nie, weet ons nie wie die deposito gedoen het nie. As voorbeeld meld ons dat iemand op 23 Desember 2002 n kontantdeposito van R60.00 by die Tomstr tak van n bank in ons bankrekening gemaak en nagelaat het om aan te dui wie die deposito gedoen het.

b6.c4.d1.e5.f3.g7.Willem Frederik Henning word 80!

b6.c4.d1.e5.f3.g7. Willem Frederik Henning op sy 80-ste verjaardag op 17-9-2002Rina Venter van Garsfontein, Pretoria het vir ons laat weet dat haar pa, Willem Frederik Henning, gebore 17-9-1922 op 17-9-2002 tagtig jaar oud geword het.

Hy is die enigste oorlewende seun van b6.c4.d1.e5.f3. Willem Frederik Henning. Daar is egter nog vier susters wat lewe, naamlik Cornelia Catharina Jacoba (g4) 85 jaar oud; Wilhelmina Fredrika (g5) 84 jaar oud; Anna Catharina Petronella (g12) 69 jaar oud; Jacoba Maria (g14) 64 jaar oud.

Oom Willem is nog vol lewenslus en doen nog allerhande werkies in en om die huis. Hy het onder andere kort voor sy verjaardag hulle hele huis eiehandig met nuwe matte uitgeplak. Hy lees nog sonder n bril en gaan stap elke oggend plus minus 4 kilometers. Sy goeie sin vir humor maak hom n baie populre persoon by oud en jonk. Sy kinders weet dat wanneer hulle verjaar, hulle hartlik toegesing gaan word oor die telefoon. Dit is sy manier om die dag vir hulle spesiaal te maak.

b1.c3.d10.e10.f4. Henning Willem Jacobus Henning

Henning Henning van Sederberg, Pretoria het op 18 Maart 2002 sy negentigste verjaardag gevier. Hy is op Bronkhorstfontein, in die distrik Zastron gebore. Hy was die vierde kind van n gesin van ses kinders. Hulle het op Zastron skoolgegaan en het deur die week by hul ander ouma op Zastron gebly.

Sy pa verkoop Bronkhorstfontein en koop Rietput in die distrik Fauresmith in die Vrystaat, waar hulle ook skoolgegaan het. Met die gedagte om vir die kinders plase te koop, verkoop sy pa weer hier en trek na die voormalige Suid-Wes Afrika, waar daar nog baie oop grond was. In die Grootfontein distrik koop hy die plaas Hoba, waarop die beroemde meteoriet l. Om al die besittings te kon vervoer, is n hele trein gehuur. Terwyl hulle daar gebly het, is sy oudste broer, Christiaan getroud en sy tweede oudste broer, Andries het by die Polisie aangesluit. Geld is nie op luukshede soos langbroeke uitgegee nie. Toe Andries begin werk en sy eie geld verdien het, kon hy vir homself klere koop. Henning moes by geleentheid n langbroek by hom leen om na n partytjie te gaan.

Andries het n plaas in Outjo distrik van die Administrasie gekry, maar daar was geen water of n huis nie. Henning, sy broer Jacobus (Koos) het saam met hom daar gebly en n put is gegrawe vir water en n grashuis is gebou. Later is n behoorlike huis gebou.

Koos het later teruggekeer na Suid-Afrika en in n myn kom werk. Henning het hom gevolg, maar moes allerhande tipes werk doen om te oorleef., bv. Taxi bestuur, rioolslote grawe en loodgieterwerk doen. Later kry hy n goeie werk by die bek-en-klouseerkampe op die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek. In 1938 aanvaar hy n pos as wag by die staalfabriek in Pretoria.

Gedurende 1941 trek hy terug Suid-Wes toe om sy ouers te help. Daar in Outjo ontmoet hy sy toekomstige vrou, Albertina Magdalena van der Smit, met wie hy op 1 Desember 1942 getroud is. Na meer as 60 jaar gaan hierdie huwelik nog van krag tot krag. Uit die huwelik is vyf kinders gebore, nl. Jacobus, Pieter, George Diederik, Andries Jacobus en Martha Maria.

Dit was moeilike jare gedurende die oorlog alles skaars en duur. Hul enigste inkomste was die room wat op Outjo verkoop is. Op 16 Maart 1945 is hul oudste seun, Jacobus gebore. Toe het Henning al sy eerste motorkar gehad n 1928 Fordjie, waarvoor hy 25 Pond betaal het. Hy het hom later omskep in n bakkie, om goed te kon vervoer.

In 1946 trek hulle na Tsumeb, waar hy en Koos 50 myl verder Noord grond van die Administrasie gekry het. Hulle moes self n boor prakseer om gate te boor. Drinkwater is in 44 gelling dromme (210 lit) aangery, maar die vee was nog by sy ouers in Outjo, omdat daar geen water, drade of geriewe was nie. Die twee gesinne het in n tent en sinkgeboue gebly. Hulle moes melk by die bure Duitsers wat ses myl ver was, koop. Op 7 Julie 1947 is hul tweede kind, Pieter gebore en Henning moes inderhaas n kamer van rou stene bou. n Suipbak (wat n krip genoem is) is gebou en die vee kon op Outjo gehaal word. Daar was nog nie behoorlike draadkrale en kampe nie. Die vee moes dus bedags opgepas word en snags het hulle in krale van doringtakke geslaap om hulle teen leeus en wildehonde te beskerm. n Huis bestaande uit vier vertrekke in n ry, is gebou.

b1.c3.d10.e10.f4. Henning Willem Jacobus Henning *18-3-1912 en sy vrou Albertina Magdalena (gebore Van der Smit). Hulle is al meer as 60 jaar lank getroudDie plaaslike bevolking was Boesmans en Ovambo arbeiders moes by Grootfontein bestel word. As inkomste is room verkoop. Die paaie (as dit paaie genoem kan word, want dit was net twee spore) was baie sleg en in die somer is menige keer in die turf vasgesit.

Die plaas was baie groot (6 200 hektaar) en vier poste (plekke waar daar n boorgat, waterpomp, suipbak, krale en n drukgang was) is aangel. Die drakrag van die veld was nie goed nie die maksimum hoeveelheid beeste wat aangehou kon word, was 600. By tye, veral in die winter, moes voer vir die diere aangery word.

In 1963 het Henning self n nuwe huis gebou, maar steeds was daar nie elektrisiteit of telefone nie dit het heelwat later eers gekom. In die nuwe huis was darem lopende warm en koue water en n toilet. Die ou beproefde longdrop toilet was egter steeds die voorkeur en darem nader aan die huis as by die ou huis. Die nuwe huis het ook gasligte gehad in plaas van parafienlampe.

In 1947 word die plaas verkoop en verhuis hulle na Hentiesbaai, Noord van Swakopmund. Hulle het net n paar jaar daar gebly, toe weer trek na Windhoek, weens gesondheidsredes. Op Brakwater het die oudste seun, Jacobus, n plot gekoop en daar het hulle vir ongeveer 8 jaar lank gebly. Daarna trek hulle na Vredefort in die Vrystaat en bly ongeveer 6 jaar daar. Om nader aan die kinders en gespesialiseerde mediese dienste te wees, gaan bly hulle by hul enigste dogter op n plot naby Trichardt, in Mpumalanga. Daarvandaan na n aftree-oord in Bethal en toe weer na Sederberg in Pretoria, waar hulle tans nog woon.

Name met n Bybelse Oorsprong

Met die databasis waaroor ons beskik, is dit moontlik om te bepaal wat die mees gewilde voorname onder die Henning families is. Tot ongeveer 30 40 jaar gelede het Henning families gehou by die ou, tradisieryke en goeie gebruik om familiename aan hul kinders te gee. Oor die afgelope 40 jaar het meer en meer families begin afwyk van hierdie gebruik en vreemde name aan hul kinders begin gee veral ons dogters het in hierdie proses seergekry.

Die Christenskap van die Henning familie kom duidelik na vore, as mens kyk na die hoeveelheid Bybelse name wat ons mense het. Die meerderheid val in hierdie kategorie. Onder die mans loop Johannes los voor met 656 persone wat hierdie naam het; Jacobus volg met 446. Hierna volg verskeie name met n Bybelse oorsprong, soos Petrus, Stephanus, Danil, Andries, Christiaan, Philippus, Abraham, en andere.

Onder die vrouename is daar 690 Marias, 664 Johannas, 514 Elizabeths, 323 Magdalenas en 204 Marthas.

Ds Bjarne Fowels-Landmark van Hjelmeland, Noorwe wat onlangs lid geword het van die Familiebond, het vir ons laat weet dat hy graag vir ons n bydrae sal wil lewer oor hierdie Bybelse persone. In hierdie Nuusbrief begin ons met die naam Andries. Ons hoop van harte dat ons lesers dit interessant sal vind.

I can help you with Andries:

This must be St. Andrew (Andreas). Andrew is one of Jesus' disciples, but not the most wellknown of the original 12. His brother Peter and their friends Jacob (James) and Johannes (John) are much frequently mentioned. Andrew was more in the background, but has also left his footprints in the church history.

Andrew was a fisherman from Betsaida, by the Sea of Gallile. He and his brother, Peter, settled in Kapernaum. Andrew was first a disciple of John the Baptist, but joined Jesus and became one of the 12 disciples. He became the first soul winner and fisher of men of the early disciples. He also became the first child worker among them. It was Andrew who discovered the little boy with the lunch packet in the great congregation by the Sea of Gallile, where more than 5000 people had gathered. He was the person the Greek contacted, when they came forward with their wish to see the Lord. Andrew was keen alive for his fellow being, and always thoughtful for others. He is the caring apostle for the individual.

Although Andrew was not in the front row on Whitsun, when 3000 were converted, he was the spokesman.

All this we know from the New Testament. His disposition became popular and appealed to many. The first church tells many Andrew legends. It is probably historic correct that Andrew started to christianize the Scythians in Bitynia and Pontus (South of the Black Sea). The Scythians were nomads, who lived on the Russian prairie. Their kingdom, Schythia, was by the Black Sea.

Later Andrew came to Akaia in Greece. Pope Damasus (366-384) tells that Andrew suffered the martyr death outside the town Patras, on the northern coast of Peleopenesos. His imprisonment is described in the Andrew-Acts, who is one of the Apocrypia in the New Testament. There we learn that Andrew was crucified by the order of the Roman Governor Aegetes. While his brother, the Apostle Peter, was cruzified with his head down, Andrew is said to have suffered the martyrium on a cross shaped like the letter X. This has later been called an Andrew Cross.

The stories of Andrew's life and work must have been often told from man to man. His tragic death inspired many. In Scandinavia it lives in the stories of Sigurd Faavnesbane. In the Norwegian Stave Churches we find the Andrew Cross in the building style of the churches from about year 1100-1300. These are visible inside the churches on all 4 sides. It is also know from English way of building, both in half-timbered houses and church towers, to buttres the bearing elements of the building. Also as decorative elements, or to strengten the construction, but not always. In some Norwegian Stave Churches the Andrew crosses came after the building was completed. In addition the crosses were richly decorated. We find 3 Andrew crosses on a Stave Church door in Norway, as well as on one of the Viking ships.

We find the Andrew cross on the traditional knitted cardigans from the Setesdal Valley in Norway, where they are part of their National costume.

The cross in itself was looked upon as ignominious for Christ. Not until 400 A. D. did the church start to use it. The crosses could have various shape, like Latin -, Greek -, Russian -, Maltese-, wheel -, Pope-cross etc. But also Andrew crosses.

Until recently did people in some parts of Norway stick to the old custom to put an open scissor like a cross under the newborn baby. At least until the baby was christened. This is remnants of the old belief that St. Andrew protected the children, based on the biblical account of the favourable child apostle we meet in the record of the miracle with bread and fishes. Andrew's memorial day is November 30th.

Maybe this could give some background for an article? You may use it as (and if) you wish.

Best wishes, Bjarne

Henning Kasteel in Duitsland te Koop!

Ds Bjarne Fowels-Landmark van Noorwe het vir ons laat weet dat die Henning kasteel te Karnin, in die Noorde van Duitsland, naby Stralsund tans te koop is vir 343 000 Duitse Mark. Die prys sluit egter nie die landgoed in nie. Die bestaande geboue is teen ongeveer 1830 opgerig.

Dit is bekend dat die naam Henning teen ongeveer die jaar 1290 in die omgewing van Stralsund ontstaan het. Die bynaam Henning (Haantjie in moderne Afrikaans) is aan Johannes (die ridder) se seun gegee. Deur die eeue het die Henning familie op die landgoed te Karnin gewoon en welvarende grondeienaars geword. Verskeie nasate het met verloop van tyd weggetrek, dog daar het altyd minstens een gesin op die landgoed agtergebly.

Gedurende 1945, net voor die beeindiging van die Tweede Wreldoorlog, het die kommuniste (Russies magte) Oos-Duitsland gekonfiskeer, insluitende die Henning kasteel. Die laaste Henning eienaar was Wilhelm Heinrich Henning *30-3-1884, maar hy het gedurende 1942 gesterf en het sy vrou, Renate en hul 7 kinders (waarvan die jongste slegs 18 maande oud was) alleen op die landgoed agtergebly. Hulle is gedurende 1945 brutaal uit die kasteel verdryf. Renate het twee weke later van honger gesterf en is haar kinders oor die hele Wes-Duitsland versprei. Kosbare besittings, wat deur eeue versamel is, moes eenvoudig agtergelaat word so ook al hulle vee en plaasimplemente.

Met die unifikasie van die twee Duitslande gedurende 1990 was dit een van die voorwaardes dat gekonfiskeerde eiendom nie weer aan hul oorspronklike eienaars teruggegee, of hulle daarvoor vergoed sou word nie. Die las om hierdie eiendom te onderhou, het intussen so groot geword dat die regering besluit het om meeste daarvan van die hand te sit.

Is daar dalk n Henning in Suid-Afrika wat in die kasteel belangstel?

Besonderhede (insluitende die jongste fotos) kan op die Internet, by die volgende adres gekry word:

http://www.gfw-mv.de/schloss/karnin.htm

'n Skildery van die Henning kasteel te Karnin, in Duitsland wat gedurende 1830 geskilder is

 

 

 

 

 

 

 

'n Skildery van die Henning kasteel te Karnin, in Duitsland wat gedurende 1942 geskilder is