Nr 72

November 2002

Indeks:


OUMA PIETA (PIETER HENDRIK) HENNING (*20/10/1879 - Ü15/05/1966)

b5.c1.d1.e2.f3. Ouma Pieta (Pieter Hendrik Henning) is op 20 Oktober 1879 in Bethulie gebore,'n maand na die vroeŽ dood van haar vader, Pieter Hendrik Henning op 24 jarige ouderdom op 22 September 1879. Haar moeder Martha Johanna Magdalena Catharina (geboreVerster) het die dogtertjie na haar oorlede man vernoem.

b5.c1.d1.e2.f3. Pieter Hendrik (Pieta) Henning *20-10-1879 as 12-jarige dogter

Martha het 'n tweede keer getrou met Frederik Petrus Albertus van der Walt. Hy was die enigste vader wat Pieta ooit geken het. Afgesien van twee jonger van der Walt stiefbroers en twee stiefsusters uit haar ma se tweede huwelik, het Pieta 'n eie suster, Anna Sophia Henning, gehad wat vier jaar ouer as sy was en 'n broer, Jacobus Cornelis Henning, drie jaar ouer as sy. Die Henning- en van der Walt-kinders het saam grootgeword op die plaas Zwartfontein in Bethulie, waar hulle ouers gewoon het.

Pieta is op 1 Junie 1896, vier maande voor haar sewentiende verjaarsdag, getroud met Johannes Christiaan Pietersen, 'n boer van die plaas Heilfontein naby Bethulie. Hy was nege-en-twintig jaar oud. Hulle seun, Christiaan Wilhelmus Pietersen, is op 22 Augustus 1897 gebore. Hulle het moontlik ook 'n dogtertjie gehad (waarskynlik Martha Johanna Magdalena Catharina Pietersen) wat in die Konsentrasiekamp Bethulie oorlede is.

Ouma Pieta as jong vrouBeide Johannes en sy swaers, Christiaan Jacob Johan Olivier (soms aangeteken as Christiaan Johannes Jacobus), wat met Pieta se suster Anna getroud was en Jacobus Cornelis Henning, sy vrou se broer, is op 30 Julie 1900 in Fouriesburg tydens die Anglo-Boere oorlog met die oorgawe van Generaal Prinsloo gevange geneem. Hulle was saam krygsgevangenes in die Diyatalawa-kamp op die destydse Ceylon (nou Sri Lanka).

Ouma Pieta het 'n sterk persoonlikheid gehad. Sy was 'n gedugte vrou wat haarself terdeŽ kon handhaaf. Die staaljie was vertel dat 'n groep Engelse soldate tydens die Anglo-Boere oorlog op die plaas opgedaag het om beslag te kom lÍ op die perde. Die mans was met die oorlog in die veld en net die vrouens was op die plaas. Daar was glo een perd met 'n skeel oog, waarvoor ouma Pieta 'n besondere deernis gevoel het. Sy het haar voorskoot aan die voorkant saamgevat, dit vol klippe gepak en met haar arm om die perd se nek het sy die Engelse laat verstaan dat as hulle dit sou waag om te probeer om die perd te vat, sy hulle met klippe sal doodgooi. Al die perde is gevat maar die skeel perd is net daar gelos.

Ouma Pieta en verskeie lede van die familie is in die Bethulie Konsentrasiekamp aangehou en baie van hulle het daar gesterf. Haar ouma Cornelia Johanna Henning, haar suster Anna, laasgenoemde se twee kinders, Philippus Arnoldus Olivier en Martha Johanna Magdalena Catharina Olivier sowel as haar stiefsuster Martha Johanna Magdalena Catharina van der Walt en ook ouma Pieta se eie dogtertjie, Martha Johanna Magdalena Catharina, is in die konsentrasiekamp oorlede.

Ouma Pieta soos haar kleinkinders haar geken hetOuma Pieta se man, Johannes Christiaan Pietersen, het baie siek vanaf Ceylon teruggekeer en is ook kort daarna, waarskynlik in 1904, oorlede. Ouma Pieta is agtergelaat met haar sewejarige seuntjie, Christiaan Wilhelmus. Soos reeds genoem, het haar swaer Christiaan Jacob Johan Olivier, Anna se man, ook sy vrou en twee kinders aan die dood afgestaan. Dit is dan seker te verstane dat die twee maar op mekaar aangewese was en op 8 Augustus 1904 is Pieta en haar swaer, Christiaan Olivier in Bethulie in die huwelik bevestig. Hulle het toe op die plaas Zwartfontein in Bethulie gewoon.

Afgesien van die seun uit haar eerste huwelik, Christiaan Pietersen, het Pieta en Christiaan Olivier ook nog twee kinders gehad naamlik 'n dogter Martha Johanna Magdalena Catharina Olivier (moeder van die skrywer) en 'n seun, Christiaan Jacob Johan Olivier. Hulle het egter ook 'n dogtertjie, Anna Catharina Magdalena Olivier, aangeneem en as 'n eie kind grootgemaak. Sy was 'n broerskind van Christiaan, wat op 'n jong ouderdom albei haar ouers verloor het en wees agtergelaat is.

Dit word vertel dat Pieta se tweede man, Christiaan Olivier, 'n goeie, saggeaarde en goedgelowige man was wat maklik by geleenthede deur gewetenlose mense verkul was. Pieta het dan sonder om te skroom die saak in eie hande geneem en vir hom in die bresse gaan tree; sy was 'n vuurvreter met wie rekening gehou moes word en vir g'n duiwel bang nie.

Christiaan en Pieta het in 1908, tydens die geboorte van hulle dogter Martha (noemnaam Johanna) in die Kestel-omgewing gewoon en teen 1918 toe hulle seun Christiaan (noemnaam Jacob) gebore is, op die plaas Waterval in die Bethlehem-distrik. Die grootste deel van hulle lewe het hulle egter gewoon op die plaas Klipfontein, in die omgewing van Ascent in die noordoos Vrystaat.

Pieta se man, Christiaan, het op die ouderdom van 74 jaar tragies verongeluk toe sy perdekar by Ascent-stasie deur die trein raakgery is. Hy is ernstig beseer en is binne ure daarna in die hospitaal op Standerton oorlede. Pieta en haar jongste seun, Jacob, wat toe 25 jaar oud was, het 'n tyd lank op Klipfontein bly woon. Daarna het hulle na die plaas Rondspring in die Babanango-distrik in Natal getrek en later na die plaas Vaalwater in die distrik Hendrina, waar Jacob in 1954 getroud is.

Na Jacob se troue het ouma Pieta na haar dorpshuis op Vrede in die Vrystaat getrek. Skrywer (haar kleinseun), wat altyd in die skoolkoshuis op Vrede loseer het omrede my ouers op 'n plaas gewoon het, het by haar gaan woon tot my matriekjaar in 1960, waarna ek Pretoria toe is. Ouma Pieta het daarna nog vir 'n jaar of twee in haar huis op Vrede bly woon, waarna sy weer by haar seun, Jacob, en sy vrou gaan bly het, wat toe in Pretoria gewoon het.

Ek het wonderlike herinneringe aan die tyd wat ek by ouma Pieta op Vrede gewoon het. Sy het 'n welige groentetuin, feitlik die hele erf vol, aangeplant asook baie vrugtebome en blomme. Alhoewel sy toe reeds 'n vrou van laat in haar sewentigerjare was, was sy sterk en kon baie hard werk. Soos enige goeie ouma kon sy heerlik kook en het, onder andere, die geurigste tuisgemaakte brode gebak.

Die sterkste herinnering aan haar is egter haar vermoŽ om met gemak met my en my skoolvriende te kon kommunikeer oor onderwerpe wat vir ons van belang was. Daar was niks "outyds" in ouma Pieta se siening oor, kennis van, of belangstelling in sport, populÍre musiek van die tyd, sosiale aangeleenthede, modes, neigings, kinders se grille en giere, ens., nie. Skrywer se skoolvriende het dikwels opgemerk dat ouma Pieta meer op hoogte is oor, en begrip toon vir, sulke aangeleenthede as hulle eie ouers, wat 'n geslag jonger as sy was.

Ek onthou nog die gebeurtenis toe ek en van my skoolmaats in Standard 9 skelm begin rook het. Kinders wat skelm rook glo dat niemand dit ooit sal agterkom nie, min wetende dat hulle soos skoorsstene ruik vir 'n nie-roker. Alhoewel ons gedink het die rokery word ewe diskreet en in die geheim agter ouma Pieta se rug gedoen, was sy blykbaar terdeŽ bewus daarvan maar het nooit iets gesÍ nie. Eendag het ek egter 'n glips gemaak. Ek het 'n halfgerookte stompie in my een broek se sak vergeet. Die broek is saam met my ouers plaas toe om gewas te word en my ma het die stompie in die broeksak ontdek. My konserwatiewe moeder was ontsteld en het die saak met ouma Pieta kom bespreek. Ek was toevallig nie by hulle in dieselfde vertrek nie maar het, tot my skok, uitgevind dat die aap uit die mou was, toe ek van langsaan hoor my moeder vra aan ouma Pieta: "Ma, rook Chris?" Daar was 'n stilte voor ouma Pieta rustig geantwoord het: "Ja, Johanna, hy rook lankal en los die kind uit; hy kan vir homself besluit, hy's mos groot !" My ma het dit net daar gelaat en nooit 'n woord met my oor die rokery gepraat nie.

Ouma Pieta het mooi gesonde lang donker hare gehad wat hulle kleur en tekstuur behou het vir die beste deel van haar lewe. Sy het eers grys begin word in haar heel laaste jare. Die gesonde hare is moontlik bloot 'n gelukkige genetiese eienskap maar dit is interressant om te noem dat sy haar lewe lank haar hare gereeld met niks anders gewas het nie as met 'n klein mespuntjie seepsoda opgelos in warm water. Daarna het sy haar hare afgespoel met water met 'n bietjie vars suurlemoensap daarin.

Hoe dit ookal sy, ouma Pieta was bepaald in alle opsigte 'n mens vanuit besondere genetiese grondstof want so 'n kwaliteit mens kan nooit uit swak gehalte boustene voortspruit nie. Vir my sal sy altyd die sterk figuur en rolmodel bly wat in my vormingsjare 'n belangrike invloed op my gehad het.

Die kleinseun van ouma Pieta wat hierdie pragtige huldebetuiging lewer, is mnr CJJ (Charlie) Els van Erasmusrand, Pretoria. Charlie is 'n raadgewende stads- en streekbeplanner van beroep en het sy eie praktyk in Pretoria sedert 1975. Hy tree as raadgewer op vir baie privaat-ontwikkelaars en ook vir verskeie staatsinstansies.

Hy was ook, veral vroeŽr, baie betrokke by die georganiseerde Stads- en Streek-beplannings-professie. In laasgenoemde verband is hy, byvoorbeeld, 'n voormalige president van die Suid-Afrikaanse Instituut van Stads- en Streekbeplanners sowel as van die Suid-Afrikaanse Raad vir Stads- en Streekbeplanners. Hy het (en gee nog steeds van tyd tot tyd) lesings en referate in sy professionele veld by universiteite en elders en het ook bietjie gepubliseer in diť veld.

Genealogie is een van Charlie se stokperdjies. Een van die eerste publikasies wat hy oor diť onderwerp raakgeloop het, was die Henning Familiekroniek. Dit het hom natuurlik aangegryp toe hy sowaar iets oor sy eie ouma en haar voorgeslagte daarin raakloop! Toe hy agterkom die inligting oor haar daarin is nie heeltemal korrek nie het hy gevoel hy moet 'n bydrae maak om dit reg te stel

Soos alle amateur-genealoŽ het hy toe ywerig begin werk aan sy eie kwartierstaat. Hy het ook by die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika aangesluit. Die afgelope twee jaar was hy op die bestuur van die Genootskap se Transvaaltak as Tesourier en Lidmaatskapsekretaris.

Charlie het ook vir ons laat weet dat hy 'n swart gekwilte kappie van Ouma Pieta se ouma, b5.c1.d1. Cornelia Johanna Henning (gebore Henning), geskenk het aan die Pelissierhuis-museum in Bethulie.

Ouma wou altyd graag gehad het dat die kappie aan 'n museum geskenk word. Hy het 'n brief in haar eie handskrif, waarin sy die opdrag aan haar seun Jacob Olivier gee. Sy skryf (en ons gee dit presies weer) in haar tipiese half-"Hollandse" outydse Afrikaans:


"jakob ik vergeet altyt van die Kapie wat ik wil meziem toe stuur jy moet
maar hom gan ge met die op skref daar by

dit is my groot moeder ze kapie zy is in die vrouwe kam over leden dit is
my groot moeder ze Kappie haar naam is als volg cornelieja johanna henning

zy is over leden in die vrouwe Kamp bethulie in 1901 zy was hoog bejaart
79 jaar toe zy dood is ik is haar Klindogter Pieter hendrik henning nu
olivier in ook al out 82 jaar"

Cornelia Johanna Henning is op 23 September 1901 op 75-jarige ouderdom in die Bethulie Konsentrasiekamp oorlede (en nie op 79 jarige ouderdom, soos Ouma Pieta skryf nie). Ouma Pieta en haar familie was nou verweef met Bethulie en die konsentrasiekamp en Charlie het gedink dat dit paslik sal wees om die ou kappie na die museum in Bethulie te stuur en so ook ouma se wens te vervul.

Dit was 'n huldebetuiging van 'n kleinseun aan sy ouma. Hieronder volg 'n huldebetuiging van 'n oupa aan sy kleindogter.

CHARLENE HENNING PRESTEER

b5.c1.d3.e1.f7.g1. Oupa Jan Andries Henning van Valhalla, Pretoria is baie trots op sy kleindogter, Charlene. Hy het vir ons die volgende laat weet:
Charlene Henning, oudste en enigste kind van Jan Andries Henning en sy eerste vrou Marieta (gebore Wessels) is die aand van 1 Desember 1979 te Port Elizabeth gebore. Toe ma Marieta vir haar pa sÍ, "vat die pad!", toe is die hospitaal so-waar nie waar hy gedink het dit is nie - skoon by die verkeerde kant van die lewe uitgekom .... die lykhuis!

Van Port Elizabeth is haar ouers na Oshakati in die destydse SWA verplaas, waar sy in die kleuterskool "Ovambo" begin skoolgaan het. Elke mŰre is die kinders deur pantserkarre begelei, want dit was die aktiefste operasionele gebied, bekend as Sektor 10.

Na Oshakati is haar ouers Nelspruit toe verplaas, waar sy tot 1992 (en 13 jaar oud) in Laerskool Nelspruit skoolgegaan het. In die skool het sy dinge van 'n dogter gedoen, soos landlope, swem, netbal en musiek. By die huis bome geklim, probeer vlieg, ensovoorts.

b5.c1.d3.e1.f7.g1.h1.i1. Charlene Henning *31-12-1979 ontvang die graad B Tech VDB aan die TEgnikon PretoriaVan daar Pretoria toe waar sy in die HoŽrskool Centurion haar matriek voltooi het. Na matriek is sy na die Tegnikon Pretoria, waar sy in Voedseldiensbestuur gestudeer het en eers 'n diploma en daarna die graad Baccalaureus Technologia Voedseldiensbestuur (B Tech VDB) behaal het. Vir oupa Jan is dit Grieks. Hy ken net van sjefs en "Army Cooks", wat glo iets heel anders is. Charlene sÍ dit is 'n geswot in die bestuur van 'n grootmaat industriŽle kombuis, byvoorbeeld 'n hotel, 'n hospitaal, ensovoorts. Sy het dan ook al 'n "sortie" agter die rug in die Pretoriase Harthospitaal en as kwaliteitsbestuurder by Air Chef, Johannesburg Internasionale Lughawe. Nou is haar droom om 'n hoogsbetaalde voedseldiensbestuurder by "Three Cities Mpy" te word en wie weet gaandeweg 'n M-graad en hoŽr te verwerf - as 'n ridder in 'n Alfa Romeo Spider haar nie kom gaps nie.

Charlene is 'n kranige nasionale vlak krieketkenner, ondersteuner en "keurder". Haar provinsiale span is die Titans. Sy het as gevolg van haar "krieket contacts" sowaar vir oupa Henning as 'n BBP (Baie Belangrike Persoon) na 'n wedstryd op Centurionpark geneem. Oupa het hom so aan die skare verwonder, dat hy eers die middag na die krieket begin kyk het.

As dit by musiek kom, steun sy ongekwalifiseerd Suid-Afrikaanse rock bands - veral as dit uitgevoer word deur orkeste soos Mean Mr Mustard, Watershed en Beeskraal.

Charlene is familievas en verlief en versot op haar oupas en oumas. Die foto langsaan toon waar sy die graad B Tech VDB seremonieel van die Kanselier van die Tegnikon, Regter D E Moseneke, ontvang.

GELDSAKE

Oor die afgelope klompie maande was dit sommer lekker om Bondsekretaris van die Familiebond te wees. Ons oproep in die laaste paar Nuusbriewe vir bydraes - finansieel en nuuswaardige berigte - was 'n groot sukses. Talle Hennings het met pragtige bydraes gereageer en ook waardering uitgespreek met die werking van die Familiebond. Ons het soveel bydraes ontvang dat ons nie alles in hierdie Haantjie kan plaas nie. Sommige sal moet oorstaan tot die Februarie 2003 uitgawe. Dit is werklik vir die bestuur van die Familiebond 'n riem onder die hart - dit laai sommer weer mens se batterye om met nuwe ywer jou taak aan te pak. 

As ons lede sů betrokke raak, dan moet dit baie goed gaan met ons Familiebond. Ons kŠn baie trots op ons Familiebond wees, want dit is beslis een van die aktiefste en besgeorganiseerde familiebonde in die wÍreld.

Oor die afgelope drie maande het ons die volgende donasies van R200.00 of meer ontvang:

Mnr G F D (Gert) Henning van Petrusburg - R500.00 
Mnr J S (Jimmy) Henning van die plaas Doornfontein, Oberholzer wat 'n Lewenslange Lid is -R500.00 
Dr N G C (Nico) Henning van Lyttelton, ook 'n Lewenslange Lid - R250.00 
Mnr V (Bill) Henning wat 91 jaar oud en 'n Erelid is, van Maclear - R200.00
Mnr J C (Calie) Henning van Alberton-Noord, 'n Lewenslange Lid - R200.00 
Mev Ellen Naude van Rosslyn, 'n Lewenslange lid - R200.00 
Mnr J J (Johannes) Henning van Monumentpark, Pretoria - R200.00 
Mnr J S (Stephen) Henning van Northmead, Benoni - R200.00
Die Voorsitter van die Familiebond, Gideon Henning en sy twee seuns het saam R900.00 geskenk. Pa Gideon, R250.00; Stanley, R500.00 en Bernard, R150.00. Al drie van hulle is Lewenslange lede

Hoewel alle donasies, hoe klein ookal, baie welkom is, is dit donasies van hierdie aard wat die Familiebond werklik finasieel gesond hou.

Daar is ongelukkig nog tien gesinne, wat lede van die Familiebond is, wat nog geen bydrae vir die jaar gemaak het nie - en ons stuur alreeds die rekeninge vir 2003 uit.

AFSTERWE VAN HENNINGS

Oor die afgelope drie maande het ons van die afsterwe van agt Hennings verneem:

b7.c7.d10.e2. Martje Elizabeth Klopper (gebore Henning) *7-8-1907, Ü 31-7-2001. Tannie Dot Klopper was een van die Erelede van die Familiebond. Haar seun, Philip Klopper van Pretoria en broerskind, Pieter Henning van Horison, aan die Wesrand het vir ons meer besonderhede verskaf, wat in die Familiekroniek bygewerk sal word.

 

 

 



b7.c2.d4.e6.f1.g3. Johannes Benjamin Henning wat gereeld as kersvader opgetree hetb7.c2.d4.e6.f1.g3. Johannes Benjamin Henning *9-7-1936, Ü 23-6-2002. Ellen Naudť, suster van Johannes het vir ons laat weet dat hy na 'n kort siekbed aan nierversaking oorlede is. Johannes was 16 jaar lank 'n wewenaar en het geen kinders gehad nie. Hy het die laaste 10 jaar in die Sunnypark Woonstelle in Sunnyside, Pretoria gewoon. Vir baie jare lank was hy elke Desembermaand kersvader in die Sunnypark Winkelsentrum en het altyd aan die "rooineus" geldinsameling vir kinders deelgeneem. Hy was ook 'n ywerige lepeltjie versamelaar en het aan die Natal Spoon Club behoort.

Van Familiebond kant onthou ons Johannes as die persoon wat beide Familiefeeste gedurende 1988 en 1994 en verskeie Algemene Jaarvergaderings met sy groot, blink motorfiets bygewoon het. Hy was waarlik trots op sy verbintenis met die Familiebond.

b10.c6.d3.e3.f2. Eugene Henning *17-11-1940, Ü 26-8-2001. In die vorige Nuusbrief het ons melding gemaak van die afsterwe van Eugene Henning van Noorskloof, Jeffreysbaai. Eugene se weduwee, Ellie het vir ons die volgende laat weet:
Eugene is op Cradock gebore. Sy ouers was Johannes Jacob - en Chrissie Henning. Hy het op Cradock gematrikuleer, waar hy ook by die Landbank as klerk begin werk het. Met verloop van tyd is hy verplaas na Port Elizabeth, Beaufort-Wes, Vryburg, Calvinia en het as Bestuurder op Pietersburg afgetree in 1995. Hierna tree hulle af te Jeffreysbaai - 'n droom wat waar geword het.

Eugene en Ellie is in 1965 getroud en drie pragtige seuns, Johannes Jacob (Jaco), Mornť en Eugene, is uit hul huwelik gebore.

Eugene (Sr) was 'n kranige rugbyspeler - eerste span vir HoŽrskool Cradock en ook vir Rovers (die plaaslike dorpspan). Hy was 'n groot sportliefhebber, hetsy Gholf, Tennis, Rugby, Atletiek, Sokker en vele meer. Hy was bekend in Jeffreysbaai as die gryskop oom wat met sy kierie in die hand elke dag sy 10 km roete gestap het. Hy was 'n stil man, saggeaard, maar doelgerig in die lewe. 

Ongelukkig kan ons nie in detail beskryf wat op 21 Augustus 2001 gebeur het nie. Hy het skynbaar van die trappe in hul huis geval en 'n hoofbesering opgedoen. Hy het dieselfde nag nog in 'n koma gegaan en is op Sondag 26 Augustus 2001 oorlede.

Sarie Johanna Henning (gebore Marť) *8-7-1926, eggenote van b1.c3.d2.e2.f2.g1. Jan Hendrik Henning van Unielaan, Lyttelton, Centurion is op 14 Julie 2002 oorlede na 'n lang siekbed. Teen die einde van haar lewe het sy voltydse versorging nodig gehad en oom Jan en sy dogter, Johanna moes dit op hul eie behartig.

b1.c3.d10.e10.f4.g2. Pieter en Ansie Henning gedurende Desember 2001, toe sy reeds baie ernstig siek wasAnna Maria (Ansie) Henning (gebore Stein) *1-4-1951, van Waterkloofhoogte, Pretoria, eggenote van b1.c3.d10.e10.f4.g2. Pieter Henning is oorlede op 11 Augustus 2002 as gevolg van kanker. Sy was sekerlik een van die dapperste mense waarvan ons weet. Ten spyte van die feit dat kanker reeds gedurende 2000 by haar geidentifiseer is en geneeshere haar net tot Februarie 2002 gegee het om te lewe, het sy besluit dat sy voluit sal bly lewe, solank dit moontlik is. Sy het aanhou werk ten spyte van haar toestand en het voortgegaan om haar normale huishoudelike pligte te vervul. 

Baba Henning van Potchefstroom, wat onlangs oorlede is

Helena Hendrina (Baba) Henning (gebore Venter) *30-9-1927, van Potchefstroom, eggenote van b6.c1.d3.e5.f1.g6. Benjamin Henning is oorlede op 14 Mei 2002. Haar siekte, waaraan sy feitlik 'n leeftyd gelei het, het sy moedig gedra.

 

b5.c4.d7.e1.f3.g1. James Cornelius Henning *26-11-1931 van Benoni is oorlede op 16 Augustus 2002. Hy het vir drie jaar lank aan kanker gelei.

'n Foto van James Henning *26-11-1931 en sy familie, Desember 2001 - duidelik 'n baie vrugbare familie

 

 

 



b1.c6.d3.e9.f7. Johannes Marthinus Henning *19-7-1919 van Melkbosstrand is op 5 September 2002 oorlede. Oom Jood, soos hy bekend was, was baie jare lank 'n gesiene inwoner van Vanderbijlpark en die Parlementslid vir die kiesafdeling Vanderbijlpark. Daarna is hy deur Staatspresident P W Botha aangestel as 'n lid van die Presidentsraad. Na sy aftrede het hy en sy vrou hulle te Melkbosstrand gevestig.

Jood Henning in die fleur van sy lewe. Hy was die eerste Henning wat as lid van die Volksraad en die Presidentsraad verkies is.

DIE HENNING FAMILIEKRONIEK

Dit is met groot vreugde dat ons kan aankondig dat ons 'n beperkte getal eksemplare van die Derde oplaag van die Henning Familiekroniek laat druk het. Dit is 'n prag-hardeband publikasie van A4 grootte en 368 bladsye. Die boek weeg 1.33 kilogram. Prys: R250.00 per eksemplaar. Posgeld bedra R29.00 vir versending per versekerde pos. Totaal - R279.00

Bestellings kan geplaas word by die Bondsekretaris, Henning Familiebond, Posbus 121, Villiersdorp, 6848. Verseker net dat u u volledige naam en adres verskaf, waarheen die boek gestuur moet word.

Alternatiewelik kan die toepaslike bedrag direk in die Familiebond se bankrekening inbetaal word en ons per telefoon, pos, faks of e-pos verwittig word van die bestelling. Die Familiebond se bankbesonderhede is as volg: ABSA Bank Villiersdorp, Takverrekeningsno 334-612, Rekeningnaam - Henning Familiebond, Rekeningno - 2890 610 423. Gebruik u lidnommer, voorletters en van as verwysing wie die geld inbetaal het. 

NAAM VAN ONS NUUSBRIEF

Lede sal onthou dat ons saam met die vorige Nuusbrief 'n opname probeer maak het om te bepaal hoe die nuwe naam van ons Nuusbrief, Ons Haantjie ons lede geval. Slegs 48 lede het gereageer. 43 is hoog-ingenome, ingenome of tevrede met die naamsverandering, terwyl 5 lede gekant is teen die naamverandering.

Vir ons lede wat bedenkinge het, wil ons graag uitwys dat die naam "Henning" reeds tweekeer in die Opskrif van die Nuusbrief gebruik word en dat hierdie naam in die ou Baltiese dialek (of taal) waarin die naam ontstaan het, inderwaarheid "Haantjie" beteken - "seun van Haan". Ons wil ons lede graag gerusstel dat dit slegs die naam van die Nuusbrief sal wees en geen invloed op ons van sal hÍ nie.

HENNINGBESOEK AAN ZASTRON

Zastron en Rouxville kan beslis as die bakermat van die Johannes Gerhardus Tak (b1) van die Henning familie beskou word. Johannes Gerhardus (b1) se nasate was van die eerste blanke inwoners in hierdie distrikte. Vanaf die middel van die negentiende eeu tot ongeveer die middel van die twintigste eeu was die kanse baie goed dat as mens iemand in die straat raakloop, dit 'n Henning sou wees. Bykans 'n kwart van alle plase in hierdie distrikte het een of ander tyd aan 'n Henning behoort.

Op 26 Desember 1967 het vier jong mense besluit om Vegkop in die omgewing van Zastron uit te klim. Hulle het hul name in die holkrans van Vegkop gaan skryf, soos verskeie vorige geslagte Hennings lank gelede gedoen het. By hierdie Vegkop het die kommando's van die Vrystaatse Republiek gedurende 1865 die Basoeto-impi's van Mosjesj finaal verslaan. Die plaas waarop die koppie geleŽ is, "Het Kamp" en het gedurende 1865 aan b1.c3.d7. DaniŽl Stephanus Albertus Henning *20-7-1838 behoort.

Die vier jong mense van 1967 was: Erich Endrejat en sy vrou Levien (gebore Henning)(b1.c3.d7.e9.f1.g1.) en Nico Henning (...g2) en sy vrou Marita (gebore Van Aarde).

Na 34 jaar is daar besluit om 'n reŁnie saam met al die groot kinders te hou, en om Vegkop weer uit te klim. Die Endrejat en Henning gesinne het sedertdien heelwat uitgebrei. Erich en Levien Endrejat het 'n seun, dogter en skoondogter ryker geword, terwyl Nico en Marita drie dogters, 'n seun en 'n skoonseun ryker geword het.

Oom Klasie (b1.c3.d7e9.f6) *10-4-1918 en tannie Idelet Henning en hul dogters Hester en Helena, en skoonseun Neels Muller is saam genooi vir die reŁnie. Almal het tuisgegaan op die gasteplaas, Champagne van Hennie- en Adri Labuschagne.

Op Saterdag 30 Maart 2002 het drie dapper Hennings, vier Endrejats en twee Van der Merwes Vegkop aangedurf. Die fyn besonderhede van bosse, sweet en swaarkry sal ons maar daar laat ..........

Wat belangrik is, dat die holkrans weer 'n besoek van die Hennings en uitgebreide familie ontvang het, en dat graffiti botoon gevier het!

V.l.n.r. b1.c3.d7.e9.f1.g2. Nico Henning, skoonseun Pieter van der Merwe en sy vrou Wilma, Vonnelize Endrejar, Frieder Endrejat, Eske Endrejar, Danie Henning

 

 

 

 

 

 

 

 


OOM ERNEST HENNING WORD 82

In Nuusbrief 68 van November 2001 het ons berig oor b1.c6.d3.e13.f5.g1 Flip Henning van Ermelo en sy perd Prins, wat so goed gevaar het tydens die "Working Cowboy Association's Winter Roundup". Flip het weer vir ons 'n foto gestuur van hy en sy vrou, Tania se twee perde, saam met sy pa, Oom Ernest Henning. 

Oom Ernest Joseph Henning het op 29 April 2002 twee-en-tagtig jaar oud geword. Die afgelope drie jaar woon hy op die plaas Veekop, tien kilometers buite Lindley, nadat hy ongeveer 48 jaar lank op Lindley woonagtig was. Oom Ernest se gesondheid is baie swak, nadat hy vir die tweede keer beroerte gehad het. 

Oom Ernest het in 1985 afgetree en het in 1987 sy been verloor as gevolg van verkalkte are. Hy is bekend vir sy kennis, teel en skou van perde. Op die foto verskyn oom Ernest saam met die perde "Prins" en "Pride", wat aan sy seun Flip (Theunis Phillippus) en skoondogter Tania behoort. Beide beoefen Westerse Perdesport. 



ONS WIL AL ONS LEDE 'N BAIE GESEňNDE KERSFEES EN VOORSPOEDIGE 2003 TOEWENS. MAG ONS FAMILIEBOND VAN KRAG TOT KRAG GAAN!